Man skiet dogter se kêrel en sy pa dood

ebotse gholflandgoedʼn Man is Vrydag in Rynfield, Benoni, in hegtenis geneem nadat hy twee mans glo in ʼn huishoudelike onderonsie doodgeskiet het.

“Die 47-jarige man het sy dogter se 20-jarige kêrel en die kêrel se 46-jarige pa, Donderdagaand omstreeks 20:30 doodgeskiet,” het kapt. Julia Claasen, woordvoerder van die polisie in Gauteng, gesê. Die voorval het by die luukse Ebotse-gholflandgoed in Benoni, Gauteng, plaasgevind.

“Die verdagte is in hegtenis geneem en staar twee aanklagte van moord in die gesig. Hy sal Maandag in die landdroshof in Benoni verskyn.”

Die polisie ondersoek die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Eben ·

Hoe commin van die man. Kon dit regtig so erg gewees het om twee mense te skiet, omdat hy die verhouding nie goedkeur tussen die jonk man en sy dogter. Wanneer sal ouers besef dat jonk mense geregtig is op eie besluite? Nou is die man se lewe verwoes in n oomblik van waansin. Trane gaan nie nou help, n goeie 20jr lê voor in die tronk!

Die ergste is hy is geskei en die dogter bly by hom, wat van haar en haar toekoms!

Duiweltjie ·

Ai mense waarom is die ou wêreld so van die duiwel besete? Daar is mos beter maniere om probleme op te los.

sonell rhodes ·

Ek het baie kommentaar gelees op verskillende webblaaie en kan ek net se dis tragies dat ons mekaar so sleg se.
Die man en seun wat vermoor is, het dit nie verdien nie en die arme ma weet nog nie eers haar familie is dood nie en almal probeer n regter wees en hulle se se maar bly uit dit uit julle maak dit vir albei families baie moeilik.

God sal wel seker maak dat die man gestraf word.
Mag die Here vrede in al my familie se harte gee en met julle wees deur hierdie moeilike tyd. Ons dink aan julle en bid vir julle elkeen x

babsi ·

Eke ken ni ve punie persoonlik ni maar het hm al verskeie kere gesien* voel vreeslik jamer ve al sy vriende en vriendinne, hy was nogal bekend* om op so manier te sterf is net erg hartseer* di beeld berig dat di dogter se pa aansoek doen op borg vrydag, kan dt ni verstaan ni! N man wat n resturant probeer roof kry 25 jaar tronk straf ma iemand wat n moord pleeg kan aansoek doen op borg* sooo vekeurd* ek glo da kon n beter manier gewees het om dinge yt te klaar* ma di geweer lyk my was di beste opsie in di persoon se gedagtes* aii* ma wi is ons om te oordeel** sterkte aan al di famieli en vriende* jul wrd op gedra in bja gebede

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.