Man skuldig bevind aan Trompsburg-plaasmoord

Johan en Cecile Fourie

Moeketsi Hlaasa (27) is Maandag skuldig bevind aan die moord op Johan en Cecile Fourie van Trompsburg.

In ʼn verklaring wat aan die hof voorgelees is, verduidelik Hlaasa dat hy en sy medebeskuldigde Nkululeko Mvumvu (26) op Sondagmiddag 9 September die egpaar in hul plaashuis ingewag het. Die egpaar is met ʼn byl en ʼn graaf in die kombuis aangeval toe hulle tuis gekom het. Hlaasa sê na die oorspronklike aanval in die kombuis het hulle die egpaar na die slaapkamer gesleep waar die kluis was. Hulle het die egpaar vir die kluis se sleutels gevra maar hulle kon nie onmiddellik onthou waar dit was nie. Hlaasa het Cecile se handsak deursoek en ʼn pistool gevind. Hlaasa sê hy het die pistool aan Mvumvu gegee en dat laasgenoemde Cecile in die knieg geskiet het nadat hy weer vir die kluis se sleutels gevra het. Hlaasa sê Mvumvu het Johan in die kop geskiet. Die mans het ʼn hoeksnyer gaan haal en die kluis oopgemaak en R2 000 en vuurwapens gevind. Hlaasa sê hulle het toe die huis verlaat en hulle klere gaan brand aangesien dit vol bloed was. Hlaasa se saak is Maandag geskei van Mvumvu en die derde beskuldigde Phineas Mothibi (29). Albei sake is tot Dinsdag uitgestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.