Man sterf na trein hom tref

ʼn Man is dood nadat hy deur ʼn trein in Denver, oos van Johannesburg getref, is.

Die man, in sy 20s, wou die treinspoor omstreeks 21:00 Vrydagaand oorsteek toe die trein hom tref, het Robert Mulaudzi, woordvoerder vir die Johannesburgse nooddienste gesê. “Daar is ʼn brug daar naby, maar mense maak nie daarvan gebruik nie, aangesien dit vinniger is om die treinspoor oor te steek.” Mulaudzi maan die publiek om eerder van die voetgangerbrûe gebruik te maak.

In nog ʼn voorval is ʼn 10-jarige ernstig beseer nadat ʼn trein haar in Krugersdorp getref het. Sy wou glo op ʼn bewegende trein van die platform af spring. Klik hier om dié berig te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.