Man vas oor 20 skape in Tazz

handcuffs3-320x257ʼn Man is in Ermelo in Mpumalanga in hegtenis geneem nadat hy met 20 gesteelde skape in sy Toyota Tazz betrap is.

Kol. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie, sê hulle was besig met ʼn roetine-patrollie toe hulle ʼn verdagte Toyota Tazz opgemerk het. Hlathi sê polisiebeamptes het die motor van die pad af getrek waarna hulle gesien het die Tazz se sitplekke is verwyder en dat daar 20 skape in die motor geprop is. Hy sê die bestuurder het nie ʼn permit gehad om die vee te vervoer of ʼn bewys dat hy die skape aangekoop het nie. Hlathi sê 16 van die skape was reeds dood toe die polisie die motor van die pad af getrek het. Hy sê daar is intussen vasgestel dat die skape van ʼn plaas naby Lothair gesteel is. Lt.genl. Thulani Ntobela, provinsiale polisiehoof, sê die man gaan behalwe vir diefstal ook moontlik van dieremishandeling aangekla word. “20 skape in ʼn Toyota Tazz? Hoe op aarde kan iemand iets so wreed doen? Dit is nogals vreemd en moet ten sterkste veroordeel word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Slim Daan ·

Tsk tsk. Is dit die beste waarmee hierdie ooglopende sot vorendag kan kom ? Verbeel jou ; – “dieremishandeling “! ? Die skaapsteler waarskynlik uit op borg en weg met sy Tazz sonder dat die enjinnr. nagegaan, of dat die motor self skalks as gesteel aangemeld is nie.
Dieremishandeling……..smaak ek kry n galbult-aanval.

Slim Daan ·

Inteendeel. Sal die sot onthou die voertuig was gebruik in die uitvoer van n misdryf, en die Staat dit as sodanig verbeurd kan / moet verklaar ??

Hannetjie ·

Die skape het sekker ” lift” gesoek ? Of was moeg vir apartheid en wou Zuma se kaia besoek net ingeval hul dalk Malema daar naby kry om ook ‘n gratis baret te kry … Mens weet nooit… Ander opsie is natuurlik dat hul ook aan die verkiesing wou deel neem aangesien baie ” skape” weer gaan stem vir mense wat die land in die afgrond in “regeer”

Jasper ·

Hoe kry jy 20 olifante in n Tazz ? Jy klim in die kar en skree soos n lemoen en ruik soos n grondboontjie.
Hoe kry jy 20 skape in n Tazz ? Jy mishandel hulle totdat almal in is.

Ingrid ·

Ek weet ook, jy kan nie alleen al die skape inkry nie…. Wie op die plaas het “gehelp”???

Alta ·

Ai tog, ek sou graag so foto wou sien wnat min mense kan glo dat jy 20 skape kan inlaai in ‘n Tazz. Ja maar dit is wreed ja, hy moet aangekla word vir dieremishandeling en al die steel goete. Dink hy is seker die domste skurk nog van die jaar??

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.