Mandela-familie hou vergadering

Mandela se huis in Qunu Foto: www.timesofmalta.com

Familielede van voormalige president Nelson Mandela en hoofde van die Abathembu koninklike gesin het Dinsdagoggend by sy huis in Qunu in die Oos-Kaap vergader.

Sy kinders het glo ʼn dringende vergadering belê, berig ʼn Sapa-korrespondent.

Mandla Mandela, Thanduxolo Mandela, Ndaba Mandela en Ndileka Mandela is van die persone wat by die huis opgedaag het.

Die vergadering sou om 10:30 begin het, maar is uitgestel, aangesien sommige familielede nie van die vergadering bewus was nie, en pogings is aangewend om hulle te kontak.

Napilisi Mandela, een van die ouer lede van die Mandela-familie, het egter bevestig dat die vergadering sal voortgaan soos beplan. Hy sê die vergadering is belê om “delikate sake” oor Mandela te bespreek. Napilisi staan gewoonlik aan die hoof van die familie se vergaderings en rituele.

Silumko Mandela, een van die naby familielede, het gesê finale reëlings vir die vergadering word nog getref. “Talle van ons in die dorp was nie bewus van die vergadering nie en is eers vanoggend daaroor ingelig. ʼn Aantal van die ouer familielede moes na Qunu vervoer word vir die vergadering,” het Silumko gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Sarie van Niekerk ·

Hulle moet mos sy begranis bespreek, daar was juis vanoggend al berigte wat die rondte gedoen het, dat hy reeds dood is, die wit duiwe by die hospitaal in Pretoria is ook ‘n aanduiding dat sy uurglasie vinnig besig is om uit te loop

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.