Mandela moontlik terug by die huis

Mandela in 2008 Foto: SAPA

Mandela in 2008 Foto: SAPA

Die presidensie het Saterdag ‘n verklaring hieroor uitgereik. Klik hier om meer te lees. Voormalige president Nelson Mandela is glo ontslaan uit die hospitaal en terug by die huis, maar die presidensie het dit nog nie bevestig nie.

“Ek is nie in kennis gestel dat hy geskuif is nie,” het Mac Maharaj, woordvoerder vir die presidensie, aan EWN gesê.

Die BBC het Saterdag berig dat Mandela ontslaan is. Volgens dié berig het die BBC se korrespondent in Johannesburg, Mike Wooldridge, gesê dit sal ‘n verligting vir Madiba se gesin en die nasie wees as sy gesondheid só verbeter het dat hy die reis kon onderneem en verder by die huis versorg kan word.

Volgens SkyNews het Mandela se dogter bevestig dat hy by die huis is. SkyNews se korrespondent in Johannesburg, Emma Hurd, het gesê hy het effektief ‘n “hospitaal-saal” in sy huis sodat sy span dokters hom regdeur die dag en nag kan monitor.

Die presidensie het egter dié berigte nog nie bevestig nie.

Mandela is op 8 Junie in die Medi-Clinic Harthospitaal in Pretoria opgeneem vir ‘n herhalende longkwaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Hennie van der Merwe ·

Wie sal ooit weet wat die waarheid is. Hulle is soos Vinkel en Koljander. Die een lieg soos die ander!

Huisvrou ·

Klaarblyklik te goed om waar te wees…. Een dag sus ander dag so. Miskien makliker om te sê hy is by d huis as hospitaal gereeld te besoek vir ….?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.