Mandela-oorskot identifiseer, herbegrawe

Foto: @ZimMacingwane/Twitter

Die oorskot van voormalige president Nelson Mandela se kinders is Donderdagmiddag weer in Qunu in die Oos-Kaap begrawe.

Familielede en stamhoofde het die eiendom ná die seremonie, waar hulle geestelike liedere gesing het, verlaat.

Forensiese toetse het bevestig dat die oorskot in grafte wat in Mvezo opgegrawe is, dié van Mandela se kinders is, het die Oos-Kaapse departement van gesondheid, vroeër gesê.

Mandela se kleinseun, Mandla Mandela, het die oorskot in 2011 opgegrawe en sonder die familie se toestemming na Mvezo geskuif, waar hy besig is om ʼn multi-miljoenrandse hotel op te rig.

Die Oos-Kaapse hooggeregshof het Woensdag ʼn hofbevel aan lede van die Mandela-familie toegestaan wat Mandla gedwing het om die oorskot na Qunu te verskuif.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Sarie van Niekerk ·

Nou kyk nou net hoe vinnig is hierdie forensiese toetse gedoen om te bepaal of die oorskot wat so heen en weer begrawe word wel die van Mandela se kinders is. In minder as ‘n dag is dit gedoen en die uitslag is bekend sodat die beendere alreeds weer begrawe is. Nou verduidelik nou bietjie vir my hoekom word hofsake dan aanhoudend uitgestel vir die uitslag van forensiese toetse? Hoe is die dan so vinnig gedoen maar hofsake waar belangrike forensiese toetse noodsaaklik is sleur ‘n jaar en meer as gevolg van forensiese toetse wat net eenvoudig nie gedoen kan word en klaarkry daarmee nie. Ai dit is darem lekker om die van Mandela in hierdie land te dra, ek dink ek moet my van ook verander na Mandela toe

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.