Mandela: Parkeer-en-ry-gebiede gesluit

Die ry Donderdag 12 Desember 2013 by die Pretoria Skougronde Foto: Departement van internasionale betrekkinge en samewerking/SAPA

Die ry Donderdag 12 Desember 2013 by die Pretoria Skougronde Foto: Departement van internasionale betrekkinge en samewerking/SAPA

Die parkeer-en-ry-fasiliteit om mense met busse na die Uniegebou in Pretoria te vervoer om oud-president Nelson Mandela te sien waar hy in staatsie lê, is Vrydag net voor 11:00 gesluit.

“Die parkeer-en-ry-gebiede is vol en ons sluit nou,” het Tasneem Carrim, woordvoerder van die regering, gesê. Beamptes sal glo hul bes doen om mense te akkommodeer wat reeds by die Uniegebou is vir die derde en finale dag waar Mandela in staatsie lê, maar sy het bygevoeg “daar is net soveel ure in die dag”.

Carrim sê volgens beraming kyk twee mense elke drie sekondes na die liggaam, maar dit wil voorkom of die ry Vrydag vinniger beweeg het. Teen 07:30 het 25 000 mense by die Pretoria Skougronde bymekaargekom, 10 000 by Fonteinedal, 8 000 by die Uniegebou en 7 000 by die LC de Villiers-sportsentrum.

Carrim raai mense aan om ander gedenkdienste by te woon of die verrigtinge op televisie dop te hou.

Mandela se liggaam sal oor die naweek na Qunu vervoer word waar hy Sondag begrawe gaan word.

Hy het op 5 Desember 2013 by sy huis in Houghton, Johannesburg, in die ouderdom van 95 gesterf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.