Mandela-regshulp word verdedig

Ndileka Mandela

Rhodes-universiteit het sy besluit verdedig om regshulp te verleen aan die Mandela-familie vir hul saak teen Mandla Mandela, het The Star Woensdag berig.

Lede van die Mandela-familie het Mandla in die hof gedaag oor die skuif van grafte van voormalige president Nelson Mandela se kinders.

“Die Rhodes-universiteit se regskliniek het die behoeftebepaling gedoen wat deur Legal Aid SA voorgeskryf word,” het Susan Smailes, direkteur van spesiale projekte, aan die koerant gesê. “Die doel van die Rhodes-universiteit se regskliniek is om aan mense, wat behoeftig is, gratis regsadvies en -dienste te verskaf.”

“Hulpbehoewendheid word op ʼn individuele basis gedoen en nie ʼn familie of groep nie,” het sy bygevoeg.

Die koerant berig verder dat sommige van die 15 Mandela-familielede wat verteenwoordig word, huise besit wat miljoene rande werd is en luukse motors ry.

Legal Aid SA het glo gesê die mense wat vir regshulp kwalifiseer is persone wat minder as R5 500 per maand verdien ná belasting, pensioenarisse of diegene wat van staatsubsidies afhanklik is. Die waarde van dié persone se huise en besittings moet nie meer as R300 000 beloop nie.

Volgens die koerant het Dumisa Ntsebeza SC die redes wat aangebied is om die Mandelas te verdedig as “onwaar en oneerlik” beskryf en sê hulle word finansier omdat hulle “hoë profiel”-mense is. “Mens hoef maar net na die 12 aansoekers te kyk – niemand by hul volle verstand sal aan hulle finansiering bied nie,” het hy gesê.

The Star het Mandela se kleindogter, Ndileka Mandela, vir kommentaar genader. “Ek is nie bereid om kommentaar te lewer op die berig nie. Ek gaan nie nou kommentaar lewer nie en ek gaan nie in die toekoms kommentaar lewer nie,” het Ndileka gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Sarie van Niekerk ·

Die kleindogter is die toppunt van arrogansie, soos wat die hele Mandela-clan ongelukkig verander het namate hulle al ryker en ryker geword het. Die spul rol in die geld, hulle ry luukse motors, trek soos modepoppe aan, bly in paleise maar tog word hulle deur Rhodes geklassifiseer as behoeftige mense wat kwalifiseer vir gratis regshulp. Hoe belaglik is die universiteit se verduideling vir die verkragting van regskliniek se dienste tog nie. Ek is so bly ek het nie ‘n kind op Rhodes nie en dra ook nie geld by vir die regskliniek nie, ek sal net graag wil weet hoeveel geld die regskliniek van die staat ontvang, met ander woorde belastingbetalers se geld? Julle is absoluut belaglik

Chris ·

Funders
The work done by the Clinic would not be at all possible without the funders which support our activities. The clinic has been fortunate to have the support of the following funders:

Atlantic Philanthropies
The Charles Stewart Mott Foundation
The German Development Services (DED)
The French Embassy
The Attorney’s Fidelity Fund
Rural Legal Trust
The Department of Justice
Rhodes University

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.