Mangaung: Afgevaardigdes wil nie met media praat nie

Afgevaardigdes by die ANC se nasionale verkiesingskonferensie in Mangaung was Sondagoggend huiwerig om met die media te praat.

Talle het aangedui dat hulle nie met joernaliste mag praat nie. “Ons wil nie met die media praat nie. Julle wil ‘n verdeelde ANC sien,” het een man gesê.

Een vrou, wat anoniem wou bly, het gesê die party is gereed vir die konferensie. “Ons wil net oor beleid onderhandel. Organisatoriese hernuwing is in my oë die belangrikste beleidsdokument,” het sy gesê.

Lees ook:
Mangaung begin

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.