Mangaung: AgriSA se stalletjie ‘n groot sukses

Johan Möller, president van AgriSA

AgriSA se stalletjie het baie aandag getrek by die ANC se 53ste nasionale verkiesingskonferensie in Mangaung.

Johannes Möller, president van AgriSA, en Theo de Jager, visepresident, het die uitstalling by die konferensie by die Universiteit van die Vrystaat beman. “Talle [afgevaardigdes] wat die stalletjie besoek het, besit self grond, of dit nou deur regeringsprogramme of privaatgrond is,” het De Jager gesê. “Meeste besoekers het hulp gevra oor hoe om ʼn boerdery te begin. Dít is die tipe inligting en diens wat landbou-uitbreidingsdienste moet lewer.”

Möller sê ʼn gebrek aan ondersteuning vir boere het sterk in die gesprekke na vore gekom. “Die teenwoordigheid van AgriSA by die konferensie was nodig vir dié sektor om te poog om beleidskwessies te beïnvloed,” het Möller gesê. “Dit bied ook die geleentheid vir informele gesprekke met organisasies soos die National African Federated Chamber of Commerce (Nafcoc) oor aspekte van swart ekonomiese bemagtiging.”

Die twee boere het Woensdag ook vlugtig met president Jacob Zuma gesels toe hy deur die uitstalling gestap het. Zuma het met ʼn groot glimlag by die AgriSA-stalletjie gestop, en die twee se blad geskud. “Wonderlik,” het Zuma ná ʼn kort gesprek met Möller oor plattelandse ontwikkeling gesê. Zuma het vir nog ʼn paar minute met hulle gesels voordat hy ook ʼn inligtingstuk saamgevat het. “Wonderlik en dankie,” het hy gegroet.

Nkosazana Dlamini-Zuma, kommissie-voorsitter van die Afrika-unie, het net voor Zuma ook ʼn vinnige gesprek met die twee beamptes gehad. Hulle het oor die ontwikkeling van en hulp aan jong boere gepraat voordat sy aangedui het hulle moet opvolggesprekke reël.

Lees ook:
Mangaung: Volledige uitslae
Mangaung: President, adjunkpresident verkies
Mangaung: Hier is die top 6 nominasies
Mangaung: President, adjunkpresident nominasies
Mangaung: “Vat my terug, ek sal my gedra,” sê Malema
Mangaung: Cyril Ramaphosa aanvaar nominasie
Mangaung: Fransman wil DA onttroon
Mangaung: Sakeman wil sy geld terughê
Mangaung: ANC betaal R14 miljoen
Mangaung: Trevor Manuel wil nie dien nie
Afgevaardigdes wil nie met media praat nie
Mangaung begin

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Tante Afrikana ·

O jitte – word die inligting benodig vir wanneer hulle jou plaas afgeneem het ?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.