Mangaung-komplot: Agt jaar ná pleitooreenkoms

Mark Trollip. Foto: Sabrina Dean/SAPA

Mark Trollip. Foto: Sabrina Dean/SAPA

Een van die verdagtes wat aangekla is van hoogverraad en sameswering om terrorismedade te pleeg het ʼn pleitooreenkoms met die staat aangegaan en is tot agt jaar tronkstraf gevonnis.

Mark Trollip (48) het Woensdag in die hooggeregshof in Bloemfontein ʼn pleitooreenkoms met die staat aangegaan waarvolgens hy skuldig pleit op die aanklag van sameswering om terrorismedade te pleeg. Hy is tot agt jaar tronkstraf gevonnis. Die staat het die aanklag van hoogverraad teruggetrek. Johan Hendrik Prinsloo (49), Trollip se medebeskuldigde, het nie ingestem tot ʼn pleitooreenkoms nie en sy saak sal van 27 Januarie tot 21 Februarie aanstaande jaar aangehoor word.

Trollip en Prinsloo se medebeskuldigde Martin Keevy is vroeër ongeskik verklaar om verhoor te word. Die vierde beskuldigde, Hein Boonzaaier (50), is vroeër van alle aanklagte teen hom vrygespreek. Die vier mans is op 16 Desember 2012 in hegtenis geneem nadat hulle glo beplan het om ANC-leiers by die party se nasionale verkiesingskonferensie in Mangaung te vermoor met ʼn bomontploffing. Volgens die klagstaat het die verdagtes ook beplan om wapens soos AK-47’s, R1’s en R4’s te bekom om die staatsgreep uit te voer.

Lees ook:
Mangaung-komplot: Verdagtes pleit dalk vandag
Manguang-komplot: Verregses gaan dalk pleit
Mangaung-komplot: Verdagte ongeskik verklaar vir verhoor
Staat laat vaar aanklagte teen Mangaung-’regse’
Mangaung-komplot: Verdagte se brief uit tronk
Mangaung-verregse glo ontoerekeningsvatbaar
Mangaung: Verregse se saak weer uitgestel
‘Verregse’ Mangaung-saak uitgestel
Mangaung: Verregses se saak uitgestel
Wending in “regse komplot”-saak
Nog ʼn man vas, in hof oor “regse komplot”
Drie ‘regses’ borg geweier
Verregses steeds agter tralies
Video: Hier kom die “Boere-ninja”
Mangaung: Verregses verskyn in die hof

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

leon ·

Hulle het net beplan en nie daad uitgevoer nie en kry 8 jaar. Party mense moor verkrag roof steel hijack en hulle kry n opgeskorte vonnis. Almal weet hoekom hulle so lank tronkstraf gekry het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.