Mangaung-komplot: “Ek het dit nie vir die geld gedoen nie”

Martin Keevy (links) en Johan Prinsloo Foto: Sabrina Dean/SAPA

Martin Keevy (links) en Johan Prinsloo Foto: Sabrina Dean/SAPA

ʼn Polisie-informant wat ʼn verregse groep infiltreer het, het Donderdag in die Bloemfonteinse hooggeregshof ontken dat hy dit vir die geld gedoen het.

Staatsgetuie Jaco Scherman getuig in die hoogverraadsaak van Johan Prinsloo, wat glo deel was van ʼn komplot om die ANC se konferensie in Desember 2012 in Mangaung aan te val.

Scherman het aan die hof gesê sy onderneming was finansieel in die moeilikheid en hy is betaal vir elke verslag wat hy by sy hanteerder ingedien het. Hy het glo nie baie geld ontvang nie, maar hoe meer inkriminerend die verslag, hoe meer geld het hy ontvang.

Hy het dit egter duidelik gemaak dat hy nie die groep vir die geld infiltreer het nie, maar omdat hy in reg en verkeerd glo.

Scherman is tans onder kruisverhoor van Johann Nell vir Prinsloo. Prinsloo staar aanklagte van hoogverraad, sameswering om aan terreurdade deel te neem, en die besit van onwettige ammunisie in die gesig.

Hy is in Desember 2012 saam met Martin Keevy, Mark Trollip en Hein Boonzaaier in hegtenis geneem. Trollip het skuldig gepleit op aanklag van sameswering en is tot agt jaar tronkstraf gevonnis. Keevy is onbevoeg verklaar om verhoor te word en klagtes teen Boonzaaier is laat vaar.

Scherman het aan die hof gesê hy het Prinsloo aanvanklik in 2011 ontmoet toe sy hanteerder vir hom gesê het hy moet inligting van die Vrye Burger Weerstandsbeweging bekom. Hy sê daar was selfs nog vroeër gerugte oor ʼn beplande aanval op die ANC-konferensie.

Scherman sal na verwagting Maandag verder getuig.

Lees ook:
Mangaung-komplot: Hof hoor oor wapens
Mangaung-samesweerders wou glo KKK nader vir fondse
Mangaung-komplot: Radikale sienings trek polisie se aandag
Magaung-komplot moes ‘Boerevolk tot aksie roep’
Mangaung-komplot: Agt jaar ná pleitooreenkoms
Mangaung-komplot: Verdagtes pleit dalk vandag
Manguang-komplot: Verregses gaan dalk pleit
Mangaung-komplot: Verdagte ongeskik verklaar vir verhoor
Staat laat vaar aanklagte teen Mangaung-’regse’
Mangaung-komplot: Verdagte se brief uit tronk
Mangaung-verregse glo ontoerekeningsvatbaar
Mangaung: Verregse se saak weer uitgestel
‘Verregse’ Mangaung-saak uitgestel
Mangaung: Verregses se saak uitgestel
Wending in “regse komplot”-saak
Nog ʼn man vas, in hof oor “regse komplot”
Drie ‘regses’ borg geweier
Verregses steeds agter tralies
Video: Hier kom die “Boere-ninja”
Mangaung: Verregses verskyn in die hof

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

EyesEars ·

Die wiel het ‘n manier om te draai en draai gaan hy draai. Goed of sleg.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.