McBride kry tronkstraf vir dronkbestuur

Robert McBride. Foto: Werner Beukes/SAPA

Robert McBride, die voormalige hoof van die Ekurhuleni-metropolisie, is tot twee jaar tronkstraf gevonnis vir dronkbestuur, berig EWN.

McBride het ook ‘n vyf jaar opgeskorte vonnis ontvang vir regsverydeling en sy bestuurslisensie is vir 18 maande opgeskort. Volgens die vonnis moet McBride ondmiddelik twee jaar tronkstraf uitdien en kan hy weer gevonnis word indien hy weer regsverydeling pleeg of ‘n motor bestuur terwyl sy lisensie opgeskort is. Landdros Peet Johnnson het gesê McBride het mense se lewens in gevaar gestel aangesien hy roekeloos en gevaarlik bestuur het. McBride is in April vanjaar skuldig bevind op aanklag van dronkbestuur. Hy het op 21 Desember 2006 van die metropolisie se jaareindfunskie naby Hartbeespoortdam gery toe hy sy motor omgeslaan het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.