Mdluli-skuif los nie probleem op nie, sê AfriForum

AfriForumDie burgerregte-organisasie AfriForum het vandag gesê die verskuiwing van die omstrede hoof van die polisie se misdaadintelligensie-eenheid, lt.genl. Richard Mdluli, gaan nie die probleem oplos nie en dat Mdluli eerder geskors moet word.

“Om Mdluli te verskuif, is nie die oplossing nie. Die probleem moet aangepak word en nie rondgeskuif word nie,” het Nantes Kelder, hoof van AfriForum se ondersoekeenheid, gesê. Kelder het bygevoeg dat Mdluli geskors moet word hangende die ondersoeke teen hom, aangesien die skuif maar net op kaderherontplooiing neerkom.

Intussen gaan AfriForum voort om met sy regspan te beraadslaag ten einde die nasionale vervolgingsgesag se beslissing om klagtes van bedrog en korrupsie teen Mdluli te laat vaar, deur ’n hof te laat hersien.

Nathi Mthethwa, minister van polisie, het vroeër vandag aangekondig dat Mdluli, die hoof van die Suid-Afrikaanse Polisiediens se misdaadintelligensie-eenheid, uit sy pos “geskuif” sal word na ‘n ander posisie wat deur die waarnemende nasionale kommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi, bepaal sou word. Die aankondiging is tydens die nasionale vergadering in die debat oor Mthethwa se begrotingstem gemaak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.