Mdluli vir die tweede keer geskors

Lt.gen. Richard Mdluli

Richard Mdluli, voormalige hoof van die Polisiediens se misdaadintelligensie-eenheid, is Sondag vir die tweede keer geskors.

Nhlanhla Mkhwanazi, waarnemende polisiekommissaris, het Sondag dié aankondiging gemaak. Mdluli is verlede jaar vir die eerste keer geskors nadat klagtes van bedrog en moord teen hom aanhangig gemaak is. Hy is in Maart weer aangestel. Op 9 Mei het Nathi Mthetwa, minister van polisie, aangekondig dat Mdluli, onmiddellik uit sy pos na ʼn ander afdeling geskuif moet word.

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens het Sondag op hul amptelike Twitter-profiel geskryf: “ʼn Kennisgewing van skorsing vir lt.gen. Mdluli is deur die SAPS aan die lid se prokureur oorhandig.” Zwelinzima Vavi, hoof van die vakbondfederasie, Cosatu, het intussen die aankondiging op sy Twitter-profiel verwelkom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.