Mdluli weer in hof vir appèlaansoek

Richard Mdluli. Foto: Werner Beukes / SAPA

Richard Mdluli. Foto: Werner Beukes / SAPA

ʼn Aansoek om verlof om te appèl aan te teken teen die uitspraak van Richard Mdluli, die geskorste hoof van die polisie en die polisie se misdaadintelligensie-eenheid, word Maandag in die hooggeregshof in Pretoria aangehoor.

Adjunk-regterpresident Aubrey Ledwaba het op 24 Oktober die saak onbepaald uitgestel om vir die nasionale polisiekommissaris die geleentheid te bied om hofdokumente in te dien aangaande kwessies wat tydens die verhoor aan die lig gekom het.

Vroeër het regter John Murphy en William Mokhari, vir die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD), koppe gestamp oor of Mdluli weer moet terugkeer werk toe. Mdluli word onder andere van bedrog en korrupsie aangekla. Hy het ook al ʼn aanklag van moord teen hom gehad.

Die nasionale direkteur van openbare vervolging (NDOV) is 23 September aangesê om weer kriminele aanklagte teen Richard Mdluli in te stel. Die hooggeregshof in Pretoria het vroeër ʼn besluit van die NDOV om kriminele klagtes teen Mdluli terug te trek, ter syde gestel. Die hof het ook ʼn besluit, om Mdluli weer in sy pos as nasionale kommissaris van polisie en hoof van misdaadintelligensie aan te stel, ter syde gestel.

Die NDOV se besluit volg nadat die regsorganisasie Freedom Under Law ’n aansoek by die hof ingedien het waarin hulle versoek het dat die tersydestelling van aanklagte wat teen hom onttrek is, hersien moes word, nadat hy onlangs op dié aanklagte vrygespreek is. Hulle het ook gevra dat ernstige bewerings van moord, ontvoering, korrupsie, bedrog en magsmisbruik ondersoek moet word.

Nadat Murphy en Mokhari nie ooreen kon stem nie, is die saak uitgestel en na Ledwaba verwys.

Murphy het destyds gesê hy weier om die aanklagte teen Mdluli te laat vaar, en aangevoer dit was “onwettig, irrasioneel, en gebaseer op irrelevante oorwegings”.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.