Meeste kinders ondersteun lyfstraf

Argieffoto

Die meerderheid van jong Suid-Afrikaners glo dit is aanvaarbaar vir ouers om soms vir hul kinders lyfstraf toe te dien, luidens ‘n verslag wat Maandag vrygestel is.

Die opname, wat deur Pondering Panda gedoen is, het bevind dat 11% van respondente glo dit is aanvaarbaar vir ouers om hul kinders te enige tyd pakslae te gee; 63% glo dit is soms die regte ding om te doen en 25% glo dit is nooit aanvaarbaar nie.

Die respondente moes reageer op ‘n voorstel van die departement van maatskaplike ontwikkeling om dit ‘n kriminele oortreding te maak wanneer ouers lyfstraf by die huis toedien.

Jonger respondente was glo minder geneig om saam te stem dat lyfstraf soms of altyd geregverdig kan word. “Ten minste 65% van diegene tussen 13 en 14 het só gevoel, in vergelyking met 79% van diegene wat tussen 25 en 34 jaar oud is,” het Shirley Wakefield, woordvoerder vir Pondering Panda, gesê.

In terme van rasgroepe het 85% van wit kinders aangedui dat lyfstraf aanvaarbaar is; 75% van swart kinders en 55% van bruin kinders.

Die opname het ook bevind dat jong mense teen die kriminalisering van lyfstraf is. “Wat die opname toon is dat jong mense nie heeltemal teen ingryping deur die regering in familiesake is nie, maar dat hulle regeringsingryping voorwaardelik steun in sekere sake,” het Wakefield gesê.

Ten minste 3 078 respondente tussen 13 en 34 het in Augustus aan die opname deelgeneem. Die opname is deur middel van selfone regoor Suid-Afrika gedoen, maar verafgeleë gebied was nie ingesluit nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Trippie ·

Uit die mond van die “suigeling” sal jy die waarheid hoor / Uit die perd se bek !

Pak slae op die regte tyd en regte plek, dit het vir my en duisende ander oor jare gewerk !

Willy ·

Hoe het die oumense gesê. ‘n Pak op sy tyd is soos brood en konfyt.

Boere-meisie ♡ ·

Lol … bruinmense (kleurlinge) voeter “one time shoe shine” met die vuis, dan is die kind weer “A for away” … hehe – -dis dat net 55% van hulle se dis aanvaarbaar! Ma se kjenners ! Lol !

Erika ·

‘n Pak slae op die regte tyd en plek is baie beslis aanvaarbaar. @ Willy ek stem ‘n pak op sy tyd is soos botter en konfyt. Daar is ‘n groot verskil tussen ‘n kind ‘n pak slae gee wat hy of sy verdien, en ‘n kind ABUSE. Lyfstaf hoef nie te paart te gaan met al jou opgekropte emosies nie!!! My pa het altyd vir my gesê ek stof net my kinders af, want ek kan nou eenvoudig net nie ‘n kind met ‘n plat hand HARD slaan nie. Ek is ook daarteen dat jy ‘n kind teen die kop klap, jy het ‘n hand, daardie kind het ‘n paar boude, maak gebruik van jou hand teen sy of haar boudjies. Maar met voorwerpe slaan, NEE, ek hou nie daarvan nie. Hierdie was my GOUE reël toe my kinders klein was, Dissipline begin by die ouerhuis. Nie by ander mense se huise nie, nie in winkelsentrums nie.

amy ·

‘n Pakslae wat regverdig en op die regte tyd en plek gegee word, het niemand nog ooit skade gedoen nie.

Hassie ·

Dit is verblydend om te sien daar is soveel kinders, van alle rasse, wat voel dat hulle nie vir die duiwel groot gemaak moet word nie. Want sien die Bybel beveel lyfstraf aan daarom is daar so n groot teenkanting teen lyfstraf van owerhede

Adele Viljoen ·

Amazing ja lyfstraf word partykeer te ver gevat maar nou se dit net dat kinders net meer en meer hand kan uit ruk want daar is geen straf meer nie! Kinders van jare terug is sterker en meer gedisiplineer as die van vandag! Kyk hoe gaan dit in ons land want ons los almal om hul tantrums te gooi en te maak soos hulle wil as tantrums van die begin af gestop was was Suid Afrika meer in n beheerde situasie en nie soos nou waar as jy nie jou sin kry nie kap jy n lekker een! Kyk hoe lyk ons land??? Ek was bakslae gegee want ekt iets verkeerds gedoen en vandag nog op 35 sal ek nie my pa teen staan nie want ek weet waar ek staan met hom! Maar pakslae werk ook nie met alle kinders nie my 2 seuns van 3 het ADHD en om goed te ontneem werk maar die middelste een skrik weer vir n pakslae! Dis soos die land al klaar is as jy steel en rape ens gaan jy tronk toe en kry n beter lewe as wat jy gehad het? Ek praat seker nou nie sin nie maar alle vorms van dissiplinne word nou ontneem en kinders word geleer maak soos julle!!!

Sarie ·

Ek kan julle vertel,pakslae op skool en by die huis kan kinders net goed doen,hulle leer maniere en het respek vir ander,en terselfde tyd kry hulle bietjie dissiplenering wat party ouers te sleg is om te gee,dis hoekom party mense se monde so groot is.

Linda Swanepoel ·

Die kinders ruk hand uit, ja, maar dit is beslis nie oor daar nie meer pak gegee word in die skole nie. Dit is vandag se gejaagde lewe. Almal moet harder werk om by te bly met die lewenskostes wat elke dag styg! Daar is nie meer tyd om regtig tyd saam met jou kind te spandeer nie. Die ouers is minder by die huis omdat hulle langer ure moet werk om kos op die tafel te kry. Ons kan nie vroeër jare met vandag vergelyk nie. Ons kan nie, want vandag is nie meer dieselfde as so 20 jaar terug nie.
Dit hang ook af van mens se persoonlikheid. Party mense glo daarin, party nie. Party kinders voel niks as hulle pakslae kry nie, vir party kinders is dit weer baie ontstellend. Dit hang ook af hoe mens groot geword het. Ek as kind het nie pak gekry nie, en ek weet as ek sou pak gekry het, sou ek nogsteeds dieselfde foute en besluite gemaak het as toe ek nie pak gekry het nie. Pak gee, gaan nie ‘n kind beter of slegter maak nie. Dit is omstandighede!

Witblits ·

Al 5 my seuns het tot in matriek lyfstraf gekry, en 2 van hulle nog toe die eerste (en laaste!) druip-punte van die universiteit in die pos gekom het, en hulle het elkeen al hoeveel keer vir my dankie gesê dat ek hulle so Bybels grootgemaak het. Kinders het dit nodig, en solank dit met liefde en binne redelike perke gedoen word, help dit net dissipline handhaaf, en hou kinders op die regte pad. Hulle vriende wat nooit lyfstraf geken het nie kon mens op ‘n myl uitken – slapgat en sonder respek, en nie een van hulle het halfpad sulke goeie manne uitgedraai soos my seuns nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.