Dié versoek volg nadat AfriForum die afgelope ses maande probeer om bedrog in die Madibeng-munisipaliteit in Brits oop te vlek. Die organisasie het egter tot dusver geen hulp van nasionale regering ontvang nie.
AfriForum het in Julie ʼn toegesmeerde verslag wat deur die minister opgestel is bekendgestel by ʼn mediakonferensie wat duidelik vinger gewys het na spesifieke amptenare binne die munisipaliteit, insluitend Monde Juta, die munisipale bestuurder en Buti Makhongela, speaker van die raad.
“Ons vind dit vreemd dat minister Baloyi geskuif is net toe daar vordering met die saak gemaak is. Ons vermoed dat daar nog amptenare van nasionale regering betrokke is by misdrywe in Madibeng en dit lyk selfs of daar belasting ontduik word,” het Ian Cameron, AfriForum se organiseerder vir Noordwes gesê.
Die presidensie is nou aanspreeklik omdat die minister se kantoor nog nooit aan AfriForum terugvoer gegee het nie. AfriForum gaan egter voort met die ondersoek en vergader binne die volgende twee weke met verskeie individue wat inligting oor Madibeng in hul besit het.
“Die regering is besig om die belastingbetaler te beroof. Belastinggeld word vir persoonlike gewin gebruik, in plaas van doeltreffende dienste,” het Cameron bygevoeg.
“Die ANC is onder die wanindruk dat die burgers van die land onwettige gedrag deur die regering aanvaar. AfriForum sal alles in ons vermoë doen om ons lede se regte te beskerm.”
Ek wil so graag glo dat daar ‘n spesiale plekkie in die hel bespreek is vir hierdie klomp skelm bliksems!!!!!!!!
AMEN !
Waar dit die belastingbetaler se geld aangaan – GAAN GROOT AFRIFORUM … julle het my ondersteuning.
Die minister se kantoor gaan nie terugvoer gee nie, want hulle weet wat hulle weet !
KORRUPSIE OP GROOT SKAAL !
Waarom as ons begin praat oor politiek is dit skielik ‘n “speaker” en nie ‘n spreker of iets nie?
Jammer vir die “Ingels” maar hulle speel maar net,” Follow my leader “
Of Peter, “lead by example”
En so slaap ons piesang regering voort. Ongelukkig is ‘n groot gedeelte van ons bevolking te onnosel om te besef na watter gemors die piesang regering ons lei en so stem hulle maar volgende jaar weer vir skeeloog en sy gespuis. Entlik is ons alreeds daar waar dit ‘n gemors is. Gaan groot Afriforum!