‘Modimolle-monster’: Ina se eksman getuig

Johan Kotze in November 2012 in die hof Foto: Werner Beukes/SAPA

Rex Bonnette, Ina Bonnette se eksman, het Woensdag in die Pretoriase hooggeregshof in die sogenaamde “Modimolle-monster”-hofsaak getuig.

Johan Kotze, Andries Sithole, Pieta Mohlane en Sello Mphaka het onskuldig gepleit op aanklagte van ontvoering, aanranding, verkragting en poging tot moord op Kotze se eksvrou, Ina, en moord op haar 19-jarige seun, Conrad, in Kotze se huis in Modimolle op 3 Januarie 2012.

Rex het Woensdag getuig oor die dag wat hy uitgevind het sy seun is vermoor. Hy sê sy suster het hom omstreeks 18:00 op 3 Januarie geskakel en gesê: “Kotze het ʼn kind geskiet.” Hy sê hy het aangeneem dit was een van Kotze se eie kinders. “Ina het my later gebel om te sê daar was ʼn voorval en dat Conrad dit nie gemaak het nie.”

Hy sê hy het seker gemaak sy dogter is veilig en hy het Ina die volgende dag by die polisiestasie ontmoet. ʼn Dokter het haar daardie dag ondersoek. Hulle het die gebeure bespreek en meer besonderhede oor die voorval het aan die lig gekom. Rex het gesê Ina het vir hom gesê dat Kotze drie mans met ʼn vuurwapen gedreig het en hulle gedwing het om haar te verkrag. “Indien hulle haar nie sou verkrag nie, sou hy hulle skiet,” het Rex gesê.

Tydens kruisverhoor het die staatsaanklaer aangevoer dat Ina getuig het die vuurwapen was op haar gerig. “Sy het dit nie in daardie stadium gesê nie,” het Rex geantwoord. Daar was min vrae aan Rex en hy het sy getuienis afgesluit.

Die saak is tot Donderdagoggend uitgestel.

Ina was ten tye van die voorval met Kotze getroud, maar het in haar eie woonstel gebly. Kotze het glo die drie mans gehuur om werk by sy huis te doen.

Die staat voer aan dat Kotze die wraakaanval op Ina en haar seun georkestreer het.

Lees ook:
‘Modimolle-monster’-saak uitgestel vir getuies
‘Modimolle-monster’-saak uitgestel
Sielkundige getuig oor ‘Modimolle-monster’
‘Modimolle-monster’: Nuwe sielkundige bewyse 
‘Modimolle-monster’: Vermeende verkragter bang vir polisie
‘Modimolle-monster’-saak uitgestel
‘Verkragters’ gelukkig om wit vrou te kry, hoor hof
‘Modimolle-monster’ het aanval glo “haarfyn beplan”
‘Modimolle-monster’: Sithole het glo gehuil
‘Modimolle-monster’ en Ina het glo ooreenkoms gehad
‘Modimolle-monster’: “Ons is gedwing” 
‘Modimolle-monster: Saak uitgestel
‘Modimolle-monster’ het Ina glo verafgod
‘Modimolle-monster’: Kliniese sielkundige volstaan met verslag
Kotze het geglo sy huwelik was ‘heilig’
‘Modimolle-monster’ glo hy het nie ‘n misdaad gepleeg nie
‘Modimolle-monster’: Kotze onder kruisverhoor
Modimolle-monster vandag onder kruisverhoor
“Modimolle-monster” vandag dalk in getuiebank
“Modimolle-monster” glo ‘onbevoeg’; dokter getuig
“Modimolle-monster” weer in hof
Man afgedank ná hy “Modimolle-monster” op Facebook ‘loof’
Modimolle-monster: Saak uitgestel
‘Modimolle-monster’: Kotze se brief opgespoor
Modimolle-monster: “Geen tekens van verkragting”
Modimolle-monster: ‘Martelinstrument’ het haar ook bevry
‘Modimolle-monster’ se vriend, dogter getuig
Verdere getuienis in ‘Modimolle-monster’-saak
“Hulle kon haar nie verkrag het nie”
‘Modimolle-monster’ erken hy het seun geskiet
‘Modimolle-monster’: “Dit is nie in my aard om iemand seer te maak nie
‘Modimolle-monster’: “Ek het Ina probeer beskerm”
‘Modimolle-monster’ het glo oor kanker gejok
‘Modimolle-monster’: Ek het jou lief daarom martel ek jou
“Hy het my kind vrek geskiet”
‘Modimolle-monster’: Vermoorde seun se vriend getuig
‘Modimolle-monster’ weier om te pleit
‘Modimolle-monster’: Ina sal moontlik eerste getuig
‘Modimolle-monster’: Verhoor begin
‘Modimolle-monster’ geskuif ná selmaats kla
‘Modimolle-monster’ geskik vir verhoor
‘Modimolle-monster’ weer agter tralies
‘Modimolle-monster’ bly langer in Weskoppies
‘Modimolle-monster’: Saak uitgestel, alle name nou bekendgemaak
‘Modimolle-monster’: Nog twee verdagtes verskyn in hof 
‘Modimolle-monster’: Vierde verdagte vas
‘Modimolle-monster’: Derde verdagte vas
‘Modimolle-monster’: Vervreemde vrou vertel
‘Modimolle-monster’: “Ek wou haar net klein bietjie seermaak”
‘Modimolle-monster’: Hoe hy vasgetrek is
‘Modimolle-monster’ uiteindelik gevang

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.