Modimolle-monster: Kotze se brief opgespoor

Johan Kotze Foto: thenewage.co.za

Ao Hendrik Kruger het vandag in die Pretoriase landdroshof getuig dat Ina Bonnette gesukkel het om te loop en moeg gelyk het toe hy haar die dag ná die aanval ondervra het.

Kruger het getuig in die saak teen Johan Kotze, die sogenaamde Modimolle-monster en sy drie mede-beskuldigdes, Andries Sithole, Pieta Mohlanhe en Frans Mphaka.

Kruger het ook die toneel by Kotze se huis in Modimolle beskryf waar Bonnette gemartel en haar seun doodgeskiet is. Items op die toneel soos die tou waarmee sy vasgebind is en die gereedskap wat gebruik is om haar mee te martel is as bewyse ingedien. Die polisie het die moordwapen, Kotze se .22-geweer op ‘n tafel in die huis opgespoor. Hulle het twee patroondoppies en bloed op die muur in die gang gekry, net buite die vertrek waar Conrad Bonnette se liggaam opgespoor is.

‘n Briefie wat Kotze geskryf het, waar hy Bonnette as ‘n leuenaar beskryf wat egbreuk pleeg en wat sy lewe vernietig het, is tussen die bladsye van ‘n notaboek op ‘n tafel opgespoor.

Kruger het ook getuig dat Kotze se twee selfoonrekords hom tot Sithole gelei het. Die twee selfone, waarop Kotze hom 40 keer gebel het, was in Sithole se besit toe hy op 9 Januarie 2012 in hegtenis geneem is.

Kruger het ook na die bosse buite Modimolle gegaan waar Kotze se motor opgespoor is. Die motor se voorruit was beskadig. Daar was geen teken van Kotze nie. Kotze is op 11 Januarie by die huis van een van sy vriende in hegtenis geneem nadat die vriend die polisie ontbied het.

Kotze het ‘n merk onder sy oog gehad en skrape op sy bene en arms.

Kruger sê hy het Kotze na ‘n dokter geneem omdat dit gelyk het of hy ontwater het.

Die hof het ook gehoor dat twee sielkundiges van die polisie op sy versoek ondervra het en omdat Kruger die geloofwaardigheid van sy bekentenisse wou toets.

Mohlane en Mphaka is ‘n paar dae ná Sithole in hegtenis geneem.

Die saak duur voort.

Lees ook:
Modimolle-monster: “Geen tekens van verkragting”
Modimolle-monster: ‘Martelinstrument’ het haar ook bevry
‘Modimolle-monster’ se vriend, dogter getuig
Verdere getuienis in ‘Modimolle-monster’-saak
“Hulle kon haar nie verkrag het nie”
‘Modimolle-monster’ erken hy het seun geskiet
‘Modimolle-monster’: “Dit is nie in my aard om iemand seer te maak nie
‘Modimolle-monster’: “Ek het Ina probeer beskerm”
‘Modimolle-monster’ het glo oor kanker gejok
‘Modimolle-monster’: Ek het jou lief daarom martel ek jou
“Hy het my kind vrek geskiet”
‘Modimolle-monster’: Vermoorde seun se vriend getuig
‘Modimolle-monster’ weier om te pleit
‘Modimolle-monster’: Ina sal moontlik eerste getuig
‘Modimolle-monster’: Verhoor begin
‘Modimolle-monster’ geskuif ná selmaats kla
‘Modimolle-monster’ geskik vir verhoor
‘Modimolle-monster’ weer agter tralies
‘Modimolle-monster’ bly langer in Weskoppies
‘Modimolle-monster’: Saak uitgestel, alle name nou bekendgemaak
‘Modimolle-monster’: Nog twee verdagtes verskyn in hof
‘Modimolle-monster’: Vierde verdagte vas
‘Modimolle-monster’: Derde verdagte vas
‘Modimolle-monster’: Vervreemde vrou vertel
‘Modimolle-monster’: “Ek wou haar net klein bietjie seermaak”
‘Modimolle-monster’: Hoe hy vasgetrek is
‘Modimolle-monster’ uiteindelik gevang

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.