‘Modimolle-monster’: “Ons is gedwing”

Johan Kotze en sy medebeskuldigdes (van links) Andries Sithole, Frans Mphaka en Pieta Mohlane Foto: Werner Beukes/SAPA

Waarskuwing: Van die taalgebruik en getuienis wat gelewer is, is eksplisiet en kan sensitiewe lesers ontstel. ‘n Medebeskuldigde van Johan Kotze, die sogenaamde ‘Modimolle-monster’, is glo gedwing om sy vervreemde vrou, Ina Bonnette, aan te val, het die Pretoriase hooggeregshof Maandag gehoor.

“As ons nie gedreig is nie, sou ons dit nie gedoen het nie,” het Andries Sithole gesê. “Kotze se lyf was soos ‘n reus… Hy was aggressief.”

Hy sê Kotze het ‘n rewolwer op hom en sy medebeskuldigdes gerig voordat Bonnette by sy huis opgedaag het.

Kotze word daarvan beskuldig dat hy Bonnette op 3 Januarie 2012 in sy huurhuis in Modimolle vermink en haar groepverkragting gereël het, en sy stiefseun Conrad (19) doodgeskiet het. In daardie stadium was Kotze en Bonnette steeds getroud, maar sy het in haar eie woonstel gebly. Kotze se medebeskuldigdes, Sithole, Pieta Mohlane en Frans Mphaka word van ontvoering, aanranding, herhaaldelike verkragting en poging tot moord op Bonnette aangekla.

Sithole het aan die hof vertel hoe hulle op 3 Januarie buite Kotze se huis gewerk het totdat hy die drie van hulle omstreeks 14:45 in die huis geroep het. Hulle is aangesê dat Bonnette oppad is en dat hulle in ‘n kamer moet wag.

Piet Greyling, verdediging vir Kotze, het tydens kruisondervraging vir Sithole gevra waarom hulle nie weggehardloop het toe Kotze buite met Bonnette gesels het nie. Sithole sê al die deure, buiten een, was gesluit en Kotze het hulle beveel om in die kamer te bly. “Daar is nie ‘n manier hoe ons in daardie stadium kon vlug nie,” het Sithole gesê. Hy sê voordat Bonnette opgedaag het, het Kotze vir hulle gesê: “My vrou kry nie genoeg van my nie, en ek wil hê julle drie moet saam haar slaap.”

Kotze het glo vir hulle gesê om sykouse oor hul koppe te trek, maar hulle het beswaar aangeteken. “’n K**** doen wat ek vir hom sê,” het Kotze glo vir hulle gesê. “Hy het ons met ‘n vuurwapen gedreig,” het Sithole bygevoeg.

Sithole het getuig hoe Kotze Bonnette se kop met ‘n handdoek bedek en hulle beveel het om hom te help om haar aan die bed vas te maak. Sithole sê hulle het gedoen wat Kotze gesê het, omdat hy hulle gedreig het. “Ons het nie geweet wat om te doen nie.” Kotze het glo vir Bonnette gesê: “Bokkie, moenie kwaad wees nie, hierdie mans gaan jou nie doodmaak nie.”

Sithole het verduidelik hoe Kotze kleefband oor Bonnette se kop en mond geplak het. Kotze het haar broek afgetrek en hom aangesê om sy broek af te trek en homself voor te berei om haar te verkrag. “Ek het nie geweet nie… Ek was geskok… Ek was bang. My knieë het teen die bed gebewe. Sy moes gesien het hoe bang ek is,” het Sithole gesê.

Hy het getuig hoe dit fisies vir hom nie moontlik was om haar te verkrag nie. Kotze het voorgestel dat Sithole aan Bonnette se borste moet vat om hom te help. “Ek het vir hom gesê ek kan nie… Ek het die heeltyd vir hom gesê ek kan nie.”

Sithole het verduidelik hoe hy gemaak het of hy Bonnette verkrag, maar “niks het gebeur nie”. “Hy het vir my gesê ek moet afklim en gesê ek is hopeloos.”

Hy sê Kotze het Mohlane en Mphaka beveel om Bonnette te verkrag, maar hulle kon ook nie en het dit ook net nagemaak. Kotze het gesê hulle is hopeloos en hulle aangesê om die kamer te verlaat.

Bonnette het Maandag se hofverrigtinge bygewoon, maar vlugtig tydens Sithole se getuienis uitgegaan.

Die saak duur Dinsdag voort.

Lees ook:
‘Modimolle-monster: Saak uitgestel
‘Modimolle-monster’ het Ina glo verafgod
‘Modimolle-monster’: Kliniese sielkundige volstaan met verslag
Kotze het geglo sy huwelik was ‘heilig’
‘Modimolle-monster’ glo hy het nie ‘n misdaad gepleeg nie
‘Modimolle-monster’: Kotze onder kruisverhoor
Modimolle-monster vandag onder kruisverhoor
“Modimolle-monster” vandag dalk in getuiebank
“Modimolle-monster” glo ‘onbevoeg’; dokter getuig
“Modimolle-monster” weer in hof
Man afgedank ná hy “Modimolle-monster” op Facebook ‘loof’
Modimolle-monster: Saak uitgestel
‘Modimolle-monster’: Kotze se brief opgespoor
Modimolle-monster: “Geen tekens van verkragting”
Modimolle-monster: ‘Martelinstrument’ het haar ook bevry
‘Modimolle-monster’ se vriend, dogter getuig
Verdere getuienis in ‘Modimolle-monster’-saak
“Hulle kon haar nie verkrag het nie”
‘Modimolle-monster’ erken hy het seun geskiet
‘Modimolle-monster’: “Dit is nie in my aard om iemand seer te maak nie
‘Modimolle-monster’: “Ek het Ina probeer beskerm”
‘Modimolle-monster’ het glo oor kanker gejok
‘Modimolle-monster’: Ek het jou lief daarom martel ek jou
“Hy het my kind vrek geskiet”
‘Modimolle-monster’: Vermoorde seun se vriend getuig
‘Modimolle-monster’ weier om te pleit
‘Modimolle-monster’: Ina sal moontlik eerste getuig
‘Modimolle-monster’: Verhoor begin
‘Modimolle-monster’ geskuif ná selmaats kla
‘Modimolle-monster’ geskik vir verhoor
‘Modimolle-monster’ weer agter tralies
‘Modimolle-monster’ bly langer in Weskoppies
‘Modimolle-monster’: Saak uitgestel, alle name nou bekendgemaak
‘Modimolle-monster’: Nog twee verdagtes verskyn in hof
‘Modimolle-monster’: Vierde verdagte vas
‘Modimolle-monster’: Derde verdagte vas
‘Modimolle-monster’: Vervreemde vrou vertel
‘Modimolle-monster’: “Ek wou haar net klein bietjie seermaak”
‘Modimolle-monster’: Hoe hy vasgetrek is
‘Modimolle-monster’ uiteindelik gevang

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

susan ·

Haal my email asb. af. Unsubscribe asb.
Ek wil geen nuus verder op my email
ontvang nie!!!!!!!! Susan

Kobus ·

Dagsê Susan

Om die kennisgewings vir nuwe artikels op Maroela Media te stop, doen die volgende:

1. Maak een van die e-posse oop
2. Soek onderaan die e-pos vir die skakel “Manage Subscriptions” en kliek daarop
3. Plaas jou muis oor die naam “Maroela Media” en kliek op “Unfollow”

Groete

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.