‘Modimolle-monster’: Uitspraak gelewer

Johan Kotze in November 2012 in die hof Foto: Werner Beukes/SAPA

KLIK HIER om die volledige uitspraak te lees. Waarnemende regter Bert Bam het Maandag sy uitspraak in die sogenaamde ‘Modimolle-monster’-saak in die Pretoriase hooggeregshof begin lewer.

Bam het Kotze en een van sy medebeskuldigdes, Andries Sithole, skuldig bevind aan die moord op Ina Bonnette se seun, Conrad.

Kotze, Sithole, Pieta Mohlane en Sello Mphaka staan tereg op die moord van Conrad Bonnette (19) en die ontvoering, herhaaldelike verkragting en poging tot moord op Ina Bonnette in Kotze se huis in Modimolle op 3 Januarie 2012.

Kotze het skuld ontken en aangevoer hy kan strafregtelik nie vir sy dade aanspreeklik gehou word nie. Sithole, Mohlane en Mphaka het aangevoer Kotze het hulle met ʼn vuurwapen gedreig as hulle nie sou saamwerk nie.

Bam het vroeër bevind Bonnette is ʼn geloofwaardige getuie. “Dit is nie vreemd dat sy soms onseker was oor die gebeure nie,” het hy gesê.

Bam sê Bonnette is deur drie ervare prokureurs ondervra. “Dit moes traumaties en pynvol gewees het vir haar. Sy is maar net ʼn mens. Enigiemand maak foute.” Hy sê dit is nie ongewoon vir ʼn getuie, wat so emosioneel is soos Bonnette, om soms onseker te wees nie. Hy sê sy was nie ʼn perfekte getuie nie, en dit is nie realisties om te dink dat só ʼn persoon bestaan nie.

Volgens Bam is een van die talle voorbeelde van haar geloofwaardige getuienis dat sy byvoorbeeld ná die verkragting een van Kotze se beskuldigdes “met haar oë gesmeek het” om haar te help. “Dit is onwaarskynlik dat enige getuie so iets sou uitdink.”

Lees ook:
‘Modimolle-monster’ het medebeskuldigde 48 keer gebel
‘Modimolle-monster’: Uitspraak volgende week gelewer
‘Modimolle-monster’: “Ina se getuienis kan nie vertrou word nie
‘Modimolle-monster’: Verdagte is MIV-positief
‘Modimolle-monster’: Ina se eksman getuig
‘Modimolle-monster’-saak uitgestel vir getuies
‘Modimolle-monster’-saak uitgestel
Sielkundige getuig oor ‘Modimolle-monster’
‘Modimolle-monster’: Nuwe sielkundige bewyse 
‘Modimolle-monster’: Vermeende verkragter bang vir polisie
‘Modimolle-monster’-saak uitgestel
‘Verkragters’ gelukkig om wit vrou te kry, hoor hof
‘Modimolle-monster’ het aanval glo “haarfyn beplan”
‘Modimolle-monster’: Sithole het glo gehuil
‘Modimolle-monster’ en Ina het glo ooreenkoms gehad
‘Modimolle-monster’: “Ons is gedwing” 
‘Modimolle-monster: Saak uitgestel
‘Modimolle-monster’ het Ina glo verafgod
‘Modimolle-monster’: Kliniese sielkundige volstaan met verslag
Kotze het geglo sy huwelik was ‘heilig’
‘Modimolle-monster’ glo hy het nie ‘n misdaad gepleeg nie
‘Modimolle-monster’: Kotze onder kruisverhoor
Modimolle-monster vandag onder kruisverhoor
“Modimolle-monster” vandag dalk in getuiebank
“Modimolle-monster” glo ‘onbevoeg’; dokter getuig
“Modimolle-monster” weer in hof
Man afgedank ná hy “Modimolle-monster” op Facebook ‘loof’
Modimolle-monster: Saak uitgestel
‘Modimolle-monster’: Kotze se brief opgespoor
Modimolle-monster: “Geen tekens van verkragting”
Modimolle-monster: ‘Martelinstrument’ het haar ook bevry
‘Modimolle-monster’ se vriend, dogter getuig
Verdere getuienis in ‘Modimolle-monster’-saak
“Hulle kon haar nie verkrag het nie”
‘Modimolle-monster’ erken hy het seun geskiet
‘Modimolle-monster’: “Dit is nie in my aard om iemand seer te maak nie
‘Modimolle-monster’: “Ek het Ina probeer beskerm”
‘Modimolle-monster’ het glo oor kanker gejok
‘Modimolle-monster’: Ek het jou lief daarom martel ek jou
“Hy het my kind vrek geskiet”
‘Modimolle-monster’: Vermoorde seun se vriend getuig
‘Modimolle-monster’ weier om te pleit
‘Modimolle-monster’: Ina sal moontlik eerste getuig
‘Modimolle-monster’: Verhoor begin
‘Modimolle-monster’ geskuif ná selmaats kla
‘Modimolle-monster’ geskik vir verhoor
‘Modimolle-monster’ weer agter tralies
‘Modimolle-monster’ bly langer in Weskoppies
‘Modimolle-monster’: Saak uitgestel, alle name nou bekendgemaak
‘Modimolle-monster’: Nog twee verdagtes verskyn in hof 
‘Modimolle-monster’: Vierde verdagte vas
‘Modimolle-monster’: Derde verdagte vas
‘Modimolle-monster’: Vervreemde vrou vertel
‘Modimolle-monster’: “Ek wou haar net klein bietjie seermaak”
‘Modimolle-monster’: Hoe hy vasgetrek is
‘Modimolle-monster’ uiteindelik gevang

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.