“Modimolle-monster” vandag onder kruisverhoor

Johan Kotze, die sogenaamde “Modimolle-monster” op 15 April 2013 in die hof Foto: Werner Beukes/SAPA

Die verhoor van Johan Kotze, die sogenaamde “Modimolle-monster”, word vandag hervat waartydens hy onder kruisverhoor geplaas gaan word.

Kotze het Dinsdag emosioneel in die Pretoriase hooggeregshof voorgekom en gesê hy nooit bedoel het om sy vervreemde vrou, Ina Bonnette, seer te maak nie. Kotze het aan die hof gesê hy het sy drie medebeskuldigdes in ‘n kamer in sy huis aangetref besig om Bonnette aan te val. “Ek het probeer om haar uit hierdie ding te kry, en probeer om haar te beskerm,” het Kotze gesê.

Bonnette, wat die verrigtinge bygewoon het, het haar kop geskud en met tye in ongeloof oor Kotze se getuienis gelag. Klik hier vir die volledige berig oor Dinsdag se hofverrigtinge.

Kotze, Andries Sithole, Pieta Mohlane en Frans Mphaka word van die moord op Kotze se 19-jarige stiefseun, Conrad Bonnette, by Kotze se huis in Modimolle op 3 Januarie 2012 aangekla. Hulle word ook van die ontvoering, aanranding, herhaaldelike verkragting en poging tot moord op Bonnette aangekla.

‘n Onskuldige pleit is namens Kotze ingedien nadat hy geweier het om te pleit, en beweer dat sy aanspreeklikheid en vermoë om die hofverrigtinge te volg en ‘n bydrae te lewer word bevraagteken. Sy drie medebeskuldigdes het almal onskuldig gepleit. Hulle beweer Kotze het hulle gedwing om aan die aanval deel te neem en sê hulle het slegs gemaak of hulle Bonnette verkrag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.