Montecasino-lyk: Oud-ontkleedanseres in hof

Maruschka Robinson, die verdagte. Foto: Facebook

Maruschka Robinson, die verdagte. Foto: Facebook

ʼn Vrou wat verbind word aan die man wie se ontbinde liggaam die naweek in sy voertuig se kattebak by Montecasino in Fourways, Johannesburg, gevind is, het gister in die Randburg-landdroshof verskyn, het The Star Donderdag berig.

Maruschka Robinson, ʼn voormalige ontkleedanseres, is vroeër die week in verband met die man se dood in hegtenis geneem.

Die dagblad het die slagoffer identifiseer as Dustan Blom (36) ʼn enkellopende pa van ‘n tweeling. Hy het naby Fourways gewoon.

Dustan se suster, Julie, het aan die koerant gesê hy het vroeër vanjaar in Mei sy vrou, Talita, aan die dood afgestaan tydens die geboorte van hul tweeling. Dustan en Talita is drie jaar gelede getroud. “Haar dood het Dustan platgeslaan. Hy was in ‘n wêreld van pyn,” het Julie gesê.

Die tweeling is in die sorg van Talita se familie gelaat.

Dustan en Talita Blom. Foto: Verskaf aan The Star

Dustan en Talita Blom. Foto: Verskaf aan The Star

Intussen het lt.kol. Lungelo Dlamini, ʼn polisiewoordvoerder, gesê die saak is nog in ʼn sensitiewe stadium en die polisie verwag om moontlik ook ʼn man in verband met Dustan se dood aan te keer.

Robinson se saak is uitgestel vir verdere ondersoek, sy bly in die polisie se aanhouding tot dan.

Lees ook:
Vrou vas vir Montecasino-lyk
Gru-vonds by Montecasino

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Elize ·

As sy skuldig is,dan verdien sy wat nou gaan gebeur.Hoe kan n mens so wreed wees?Ek ken nie die man nie,maar dit was erg wat hy moet deurmaak toe hy sy vrou verloor het.Sterkte aan sy familie.

Vas Vat ·

Sterkte aan die familie.Sluit die beskuldiges ook toe in n kattebak…en vergeet van hulle.

Theo Botha ·

HUL WAS FACEBOOK VRIENDE , NIE N TOEVALLIGE ONTMOETING SOOS DEUR ANDER BEWEER WORD!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.