Montecasino-lyk: Twee bly in aanhouding

Maruschka Robinson en kêrel Jean-Pierre Malan Woensdag in die hof. Foto: Werner Beukes / SAPA

Maruschka Robinson en kêrel Jean-Pierre Malan Woensdag in die hof. Foto: Werner Beukes / SAPA

Jean-Pierre Malan (32) en Maruschka Robinson (24) het Woensdag vlugtig in die Randburg-landdroshof in verband met die moord op Dustan Blom (36).

Die saak is tot 6 November uitgestel vir verdere ondersoek en om Robinson se pas-aangestelde regsverteenwoordiger, Mark van Schalkwyk, tyd te gun om op dreef te kom met die saak.

Blom, die pa van ʼn tweeling, se lyk is op 22 September in die kattebak van sy voertuig in die parkeerterrein van Montecasino in Fourways, Johannesburg ontdek nadat veiligheidswagte ʼn slegte reuk uit die motor waargeneem het.

Robinson, ʼn voormalige ontkleedanser, is op 24 September in hegtenis geneem. Malan, haar kêrel, is twee dae ná haar inhegtenisname in ʼn herberg in Randburg aangekeer.

Robinson het na bewering ʼn kamer by Blom gehuur.

Malan het Woensdag skaars enige aandag aan Robinson geskenk. Albei verdagtes het ook min aandag aan die kameraspanne geskenk wat, voor die verhoor begin het, foto’s van hulle geneem het. Die twee weerhou nog hul reg om vir borgtog aansoek toe doen en bly in aanhouding tot die volgende hofverskyning. Dit is nog nie seker of hulle in daardie stadium vir borgtog gaan aansoek doen nie.

Staatsaanklaer Yusuf Baba het gesê die saak gaan na verwagting later na die hooggeregshof verwys word.

Lees ook:
Montecasino-lyk: Twee weer in hof
Montecasino-lyk: Verdagte se bloed moet getoets word
Montecasino-lyk: Albei verdagtes vandag in hof
Montecasino-lyk: Verdagte in hof met vloekwoord op frokkie
Montecasino-lyk: Man vas
Montecasino-lyk: Oud-ontkleedanseres in hof
Vrou vas vir Montecasino-lyk
Gru-vonds by Montecasino

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.