“My pa was ʼn held wat ons almal opgepas het”

André Jordaan en sy seuns Shaun (links) en Kevin (regs). Foto: Beeld

Die gesin van André Jordaan (50), wat Donderdag sewe keer deur ’n toe deur geskiet en Saterdag oorlede is, sê hy het ’n heldedood gesterf.

Beeld berig dat Jordaan aanhou opstaan het om sy gesin teen ʼn rowerbende te beskerm. Jordaan is in dieselfde straat aangeval waar Alyssa Botha (13) die vorige week deur vermoedelik dieselfde moordbende doodgeskiet is. Jordaan se seun, Shaun (26), sê sy pa is geskiet terwyl hy sy vrou, Isabel (48), sy ander seun, Kevin (23), dié se swanger vriendin, Mariska (24), en sy (Shaun se) vrou, Jeanine (23), teen minstens vier rowers beskerm het.

Die Jordaans is Donderdag in hul huis in Muldersdrift aan die Wes-Rand aangeval. André en Kevin het ʼn deur van binne toegedruk terwyl Shaun na die bure gehardloop het vir hulp. Die rowers het minstens sewe skote deur die deur geskiet en André is drie keer in die maag, twee keer in die bors, in sy linkerarm en regterskouer getref. Hy is Saterdag in die hospitaal oorlede. Die vermeende aanvallers verskyn vandag in die Krugersdorp-landdroshof.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.