Nando’s-advertensie takel xenofobie

Nando’s wat bekend is vir hul omstrede advertensies het weer die nuus gehaal met hul nuutste advertensie wat die gek skeer met xenofobie.

Die nuwe minuut-lange advertensie wys hoe verskeie mense van verskillende nasionaliteite in ʼn rookwolk verdwyn. Dit eindig op die ou end met ʼn Khoisan man wat oorbly en sê: “Ek gaan nêrens heen nie, julle het ons ****** hier gekry.”

Die maatskappy het in ʼn verklaring gesê dit is nie hul intensie om enigiemand of kultuurgroep te ontstel of minag te toon nie. Hulle wil eerder gesprekke aanhits om  empatie te koester sodat Suid-Afrikaners krities na dié kwessie kyk. Hulle sê voorts hulle wil mense aanmoedig om teen vooroordeling te staan en die verskeie kulture van die land te aanvaar.

http://youtu.be/_R7vu9SuxaQ

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.