Nico Henning hoor dalk vandag oor borgtog

Nico Henning

Nico Henning

Nico Henning, die vermoorde Chanelle Henning se vervreemde man, verskyn vandag in die hof waar hy na verwagting gaan aansoek doen om borgtog.

Nico het homself verlede week aan die polisie oorgegee nadat André Gouws hom uitgewys het as die baasbrein in die sluipmoord van Chanelle.

Nico het Vrydag vir die eerste keer as ʼn amptelike verdagte in die Pretoriase streekhof verskyn in verband met die moord.

Chanelle is in November 2011 in Faerie Glen, Pretoria, deur twee mans op ʼn motorfiets doodgeskiet nadat sy haar seuntjie by die kleuterskool afgelaai het.

Gouws en Ambrose Monye is skuldig bevind vir hul aandeel aan die moord. Gerhardus “Doepie” du Plessis en Willem “Pike” Pieterse dien tans elk 18 jaar tronkstraf uit nadat hulle vroeër skuldig gepleit het op hul aandeel in die moord. Du Plessis en Pieterse was die twee mans op die motorfiets wat deur Monye gehuur is om Chanelle te skiet. Gouws het op sy beurt Monye gehuur wat met die skieters ʼn ooreenkoms aangegaan het. Gouws en Monye moet nog gevonnis word.

Lees alle berigte wat met die Henning-moordsaak verband hou, op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

LINDA ·

as hy skuldig bevind word moet van sy goed verkoop word om vir die ander skuldiges se kinders se sorg te betaal – hy is verantwoordelik vir baie mense se hartseer en pyn om sy eie sin te kry – sluit toe gooi sleutel in die see – hoop hy gaan sy kind in die oë kan kyk en vir hom kan sê ‘ek het jou ma vermoor’

Jasper ·

Die man kom gee homself oor, m.a.w, hy erken skuld. Waarom aansoek vir borg, vir wat ?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.