Nike, Oakley verbreek glo bande met Oscar

Oscar Pistorius met sy Nike-sportdrag

Die twee groot borge Oakley en Nike het hulself Maandag van Oscar Pistorius distansieer nadat hy van moord op Reeva Steenkamp aangekla is.

Oakley, sonbrilvervaardiger, het sy kontrak met Pistorius opgeskort, het CBCSports Maandag berig. Nike, internasionale verkoper van sportklere, het ook aangedui dat hulle tans geen planne het om Pistorius in toekomstige advertensieveldtogte te gebruik nie.

Pistorius se webwerf vertoon steeds advertensies en handelsmerke van Nike, Oakley en ander maatskappye.

Pistorius se bestuurder, Peet van Zyl, het ook intussen gesê dat alle wedrenne waaraan hy sou deelneem, voorlopig gekanselleer is. Klik hier om meer te lees.

Pistorius is Donderdag in hegtenis geneem nadat Steenkamp in sy huis doodgeskiet is. Hy verskyn Dinsdag in die hof om sy borgaansoek in te dien.

Lees ook:
Oscar-borgsaak kry groot terugslag
Reeva ter ruste gelê
Oscar: Moord was nie beplan nie, sê verdediging
Oscar: Niks ondersteun inbraak-verweer nie, sê aanklaer
Oscar in hof, Reeva veras
Oscar se wedlope gekanselleer
Pistorius-familie: ‘Steenkamp se dood was ʼn ongeluk’
Bebloede kolf glo in Oscar se huis opgespoor
Reeva se nadoodse ondersoek afgehandel
Polisie glo bang Oscar pleeg selfmoord
Oscar: Media in moeilikheid oor foto
Reeva se gedenkdiens gereël
Oscar se gesin betwis moordklag
Oscar bly in aanhouding
Oscar het Reeva glo deur toe badkamerdeur geskiet
Pistorius vandag in hof
Oscar: M-Net onttrek advertensieveldtog 
Oscar-skietery: Ooggetuies beweer paartjie het gestry
Oscar gaan aand in tronk spandeer
Oscar: Staat gaan borg teenstaan
“Oscar erg geskok,” sê pa
Oscar-skietery: Medelye stroom in vir meisie
Oscar Pistorius skiet glo meisie

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.