Nóg ʼn slag vir Malema

Malema. Foto: Werner Beukes/SAPA

Die voormalige ANC-jeugligaleier, Julius Malema, is Dinsdag nog ʼn slag toegedien in die Hooggeregshof in Pretoria.

Regter Jody Kollapen het gelas dat ’n voorlopige hofbevel wat op 5 Maart teen Malema ingedien is ’n permanente hofbevel gemaak word en baan dit nou die weg vir die verkoop van Malema se bates. Dit kom nadat die Suid-Afrikaanse Inkomstediens vroeër ʼn sekwestrasie-aansoek teen Malema ingedien het. Hy skuld die SAID glo R16 miljoen. Malema het na bewering verlede maand se spertyd om die SAID se aansoek teen te staan gemis. Daar is reeds vroeër beslag gelê op Malema plaas en sy huise in Sandton en Polokwane. Daar is ook ʼn veiling van sy roerende bates gehou. Malema moet ook later die maand weer in die hof verskyn op aanklagte van geldwassery, rampokkery en korrupsie wat verband hou met sy Ratanang-familietrust.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.