Nog ‘verregses’ sal aangekeer word

Die polisie sal na verwagting nog mense in hegtenis neem nadat vier verregse ekstremiste vir beweerde terrorisme aangehou word.

Brig. Billy Jones, woordvoerder van die polisie in die Vrystaat, het gesê sy span ondersoek die saak verder. “Ons verwag om meer inhegtenisnemings te maak, maar ons kan nie verdere besonderhede in die stadium bekendmaak nie,” het Jones gesê.

Die vier verdagtes is Sondag in hegtenis geneem. “Die verdagtes is tussen 40 en 50 jaar oud,” het Jones bygevoeg. Klik hier om meer te lees.

Intussen het die nuut gestigte Federale Vryheidsparty (FVP) in ‘n verklaring gesê dat ten minste twee van die verdagtes lede van hul party is. Francois Cloete, die nasionale sekretaris, het gesê sy president en ‘n lid van hul uitvoerende raad is in Mookgophong (Naboomspruit) in Limpopo in hegtenis geneem. Cloete het die FVP as ‘n “party wat selfbeskikking vir die Afrikaner bevorder/Boere mense in ‘n konfederale politieke model” beskryf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.