Noordwes-vloede eis 7

Vloede in Noordwes 2012 Foto: Greg Marinovich / Storytaxi

Vloede in Noordwes 2012 Foto: Greg Marinovich / Storytaxi

Sewe mense het in Noordwes verdrink nadat swaar reën oorstromings in die gebied veroorsaak het.

“Ons betoon ons medelye aan die families van die persone wat in die Dr Ruth Segomotsi Mompati-distrik gesterf het,” het Thandi Modise, premier van Noordwes, Saterdag in ‘n verklaring gesê.

Altesaam 97 mense is beseer toe hul modderhuise ineengestort het. Dié inwoners sal vir noodbehuising oorweeg word.

Maatskaplike werkers doen behoeftebepalings om vas te stel watter persone vir noodtoelaes kwalifiseer.

Lesiba Kgwele, woordvoerder van Modise, het gesê meer as 700 families is die afgelope paar dae deur vloede geraak. “Komberse, kospakkies en tente word deur die nooddienssentrum uitgereik,” het Kgwele gesê.

Vier brûe is weggespoel en Bona Bona, Morokweng en Pomfret was Vrydag ontoeganklik weens oorstromings.

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het ‘n 60% kans vir reën oor die grootste gedeelte van Noordwes vir die naweek voorspel. Die reën sal na verwagting teen Dinsdag opklaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

GawieM ·

Wat is met die regering aan die gang? Betoon medelye maar rep nie ‘n woord van de boere wat in dieselfde streek vermoor word nie.

Kry nou hulp, maar daar was geen hulp aan die boere gegee met die droogte nie.

Hierdie is ooglopende diskriminasie teen die Boere en Blankes.

mickey ·

Als waar wat jy se Gawie ek kry dit nie juis reg om enige simpatie te vind in my hart nie die blinde sambok slaan soms hard

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.