Nuuskommentaar: ANC gebruik weer vuil rassetruuk

argieffoto

argieffoto

Van 9 tot 12 Oktober hou die ANC sy nasionale hoofraadsvergadering – ’n uiters belangrike vergadering om seker te maak alles is op koers en om beleidsaanpassings te maak indien nodig.

Maar alles is nie op koers nie, en sommer by voorbaat word die rasseblaam weer mildelik uitgedeel. In die besprekingsdokumente word klem gelê op, soos dit gestel word, die wit mense se benutting van “onaangenaamhede in regeringstrukture” om swart mense se vermoë om te regeer te verkleineer.

Daar word gerieflik vergeet dat ’n “skrale” sewe jaar gelede uit eie (swart) geledere min of meer dieselfde kritiek op oudpres. Thabo Mbeki se regeervermoë uitgespreek is. Noudat die kritiek van hoofsaaklik buite die ANC kom, is dit rasgedrewe.

Dis natuurlik gevaarlike bog. Daar is oorgenoeg aanwysers en indekse wat wys hoe die land die kreeftegang in regeer is sedert Zuma president geword het. En die spoke raak net al meer.

Om die rassekaart te speel is egter nie nuut nie. Einste Mbeki het ook wanneer die kapitaal min raak, ras bygesleep, maar taamlik konsekwent het hy daarop gefokus om swart mense trots te maak om in hul swart velle te leef. Dink maar aan sy solo-uitreikpoging na Haïti, en die tameletjie waarin Suid-Afrika hom nou bevind vir die skenking aan die Karibiese diaspora-sokkerontwikkelingsprogram wat skynbaar alles vasgelê is.

Met die uittrede van die vorige SAOG-president, Robert Mugabe, pas in Botswana, het nare Bob ook weer die rassekaart gespeel. Volgens Bob wil die wit mense vergeet dat daar apartheid was (en kan iemand hulle dit verkwalik?), en toe weer ’n klomp bog kwytgeraak oor hoe nierassig hy (en ander swart mense) was en van nature pret gehad het. Hy vergeet egter gerieflik dat hy tydens ’n onlangse besoek aan Suid-Afrika heel onbeskof was toe hy ’n medianavraag kry, en sien die verslaggewer is ’n wit persoon. Sy openbare skande is op film vasgelê en uitgesaai.  Maar belangriker, hy het hardop geweier om die vraag te beantwoord omdat dit deur ’n wit persoon gevra is.

En natuurlik is daar ’n wydlopende, en waarskynlik groeiende persepsie dat swart mense nie kan regeer nie. Dit word ook nie net gevoed deur persepsies oor die Zuma-administrasie se regeervermoë nie, maar ook hoe dit in baie ander swart Afrikalande gaan. Sommer beginnende by Zimbabwe. Niemand het die Afrika-unie gevra om pres. Omar al-Basjir na die AU-beraad in Suid-Afrika te nooi en so Afrika se naam in die oë van die wêreld bedenklik te maak nie – Afrika het dit op homself gebring.

Daar is skynbaar nog ’n parallel aan’t ontwikkel tussen die proses om van Mbeki ontslae te raak, en steun vir Zuma te konsolideer. Tim du Plessis, toe nog by Media 24, was beïndruk oor hoe swart redakteurs die skanse van politieke korrektheid deurbreek het, en toe deur wit redakteurs gevolg is. Hy het die redakteurs ook by die naam genoem en geprys.

Nie baie lank daarna nie, tel van die name saam met die teoloog, wyle Nico Smit, onder die lysie van diegene wat wit mense waarsku om nie die ANC so erg te kritiseer nie “omdat dit tot ’n bloedbad” kon lei. Die subteks was dat dit as aanval op swart mense beskou sou word. Vir minstens ’n deel van die swart redakteurs het dit dus blykbaar nie oor wegbeweeg van politieke korrektheid gehandel nie, maar ’n spesifieke veldtog om Mbeki in onguns te bring. Dieselfde soort kritiek op Zuma sou dus nie in die “strategie” pas nie.

Nou wys Max Du Preez in sy rubriek, Skoothonde ontpop in mediageledere, hoe die een koerant of koerantgroep ná die ander in die openbaar hul “sonde bely” dat hulle so onregverdig en kwaadwillig teenoor Zuma was.

Indien Max se waarneming korrek is, sou die vraag wees: Hoekom is daar met hierdie ontboesemings gewag tot in die swanesang van Zuma se bewind?

Dit lyk net te veel na ’n deel van ’n breër strategie om Zuma nie as ’n ramp te laat voorkom nie. Daar word reeds vanuit verskillende oorde met kommer gevra of Zuma nie in die een of ander gedaante ná sy termyn die mag agter die troon gaan wees nie, en hoe grondwetlik suiwer gaan die pogings wees.

Kortom, die komende ANC-beraad gaan ’n groot terugslag vir die land wees as daar sommer by voorbaat blaampolitiek gespeel word, eerder as om die werklike oorsake van die onaangenaamhede (wat darem erken word) te soek en aan te spreek.

Moenie self rassepolarisasie aanblaas en dan die blaam daarvoor elders soek nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

kobus pieterse ·

As die skoen jou pas trek dit aan. Meer as n eeu gelede toe suid afrika feitlik geen tegnologie gehad het nie,toe dingaan en chaka zulu stamhoofde was het hul regeer in n afrika tradisie,dis geskiedenis. Vandag maak geen verskil nie,ons breek nie die anc en andere af nie,kyk na hul houdings en uitsprake,geldgierigheid,grondeise,ens en,daar is geen verskil dan meer as n eeu gelede nie maar daar is n geweldige groot verskil hoe suid afrika voorheen regeer was en hoe vinnig suid afrika vandag onder verkeerde bewind agteruitgaan,my mening

Christie Joubert ·

Sit ek salig oor die naweek n program en kyk op DSTV, en skielik is daar n advertensie oor die miljoene kinders in SA wat saans honger gaan slaap. Wat nie vars water of sanitasie het nie, bla,bla. Ek is bitter jammer vir die mense wat geaffekteer is en in armoede woon, MAAR, die vermetelheid van die regering om n fortuin te betaal om n bedel advertensie op te sit. Terwyl N’skandla afgelag word, is daar kinders wat swaarkry. Volgens zuma is SA op n wenpad. Hel, hy glo ons is een van die dae n eerste wêreld land. En toe besef ek net weereens; ons sit met n regering wat geen self trots het nie en nooit sal hê nie. n Selfsugtige, korrupte klomp vet katte wat net na hulle self kyk, want daardie advertensie sal soos altyd die Westerse lande noop om te help. Walglik, maar waar!

Winston ·

Wat meer kan jy sê? Dit is so. Bakhand mentaliteit sal nooit stop nie terwyl mags basis buite sig gebou word en die gepeupel gebruik word vir bakhand advertensies. Hulle wil nie werk nie!!! Die regering werk nie hoe kan die bevolking werk? Weet hulle hoe dinge werk? En hulle maak die mees rasbaseerde uitsprake maar is nie rassisties nie?

Ben ·

Nou doen dan net iets waarop alle rasse julle op kan komplimenteer! Moenie net gedurig julle-self voortdurend in die voet skiet nie. Die Blankes wil net baie graag iets sien wat julle KAN regdoen!

Henk ·

As jy weet daar is ‘n gevaarlike hond in ‘n erf in die straat waar jy woon en of stap, dan waarsku jy voortdurend mense van die betrokke gevaar. Hoofsaaklik oor net een rede – jy het ‘n ewige vrees vir daardie hond.
Nou laat ek dit dan nou maar reguit stel – hierdie rassiste wat so skree oor wit apartheid het ‘n ewige vrees vir die WIT MAN en daarom sal hulle vir die res van hul lewens op die ras en apartheid donkie ry!
(En asb tog, ek se nou nie ons wittes is honde nie, ek gebruik dit net as ‘n voorbeeld om die begrip van vrees te illustreer)

HEVW ·

Christie Joubert, stem saam met die meeste van die inhoud van jou kommentaar, maar ons moet fyner kyk na die advertensie, Die onbeskaamdes sonder trots se motief is heel moontlik om self n groot hap van die Westerse skenkings te bekom. Ek dink die verlede het dit al bewys dat daar nie veel simpatie van die kant van diie regering vir die armes is nie. Soos Afrika regeer val daar baie tussen die hand en die mond op die grond.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.