Nuuskommentaar: Trekpas vir Zuma om SA te red

Pres. Jacob Zuma. Foto: DoC

Pres. Jacob Zuma. Foto: DoC

Die gesiene ekonoom Dawie Roodt se stelling dat die vinnigste manier waarop Suid-Afrika uit die kake van rommelstatus kan ontsnap is om pres. Jacob Zuma te vervang, beteken die oproepe dat Zuma die trekpas moet kry het nou ’n nuwe vlak van noodsaak en gesofistikeerdheid bereik.

Uit lesersreaksies is dit duidelik dat Roodt se stelling op vrugbare aarde geval het. Deur die toetrede van ’n gesiene kundige soos Roodt word die #ZumaMustFall-oproepe tot ’n ander vlak gevoer as die gebruiklike “Zuma-bashing”. Nou weet ons die oproepe is deeglik op feite gebaseer.

Sedertdien het die slegte nuus gekom dat Anglo-American met 85 000 poste wegdoen.

Roodt verwoord ’n instinktiewe “gevoel” wat baie Suid-Afrikaners het dat Zuma se presidentskap, eerder as die stand van die internasionale ekonomie, die rede is waarom dit so broekskeur met die Suid-Afrikaanse ekonomie gaan. Groeivooruitsigte word voortdurend afwaarts aangepas. Volgens die jongste data het werkgeleenthede in die VSA in November met meer as 200 000 toegeneem – ’n skerp kontras met Suid-Afrika se vooruitsigte.

Toe Adriaan Basson, toe nog redakteur van Beeld, by geleentheid ’n aantal stappe voorgestel het hoe om van Zuma ontslae te raak, het die ANC woedend reageer met die strekking dat Zuma inderdaad ’n aanwins vir die land is. Sedertdien het die oproepe dat Zuma die trekpas moet kry toegeneem, en die reaksies daarop uit die ANC al minder geword.

Tog word die oproepe dat Zuma moet gaan getemper deur ’n stille bewustheid dat dit ’n abnormale krisis gaan verg om te voorkom dat Zuma sy tweede termyn voltooi. Dis dus ’n krisis waarmee vir die volgende aantal jare saamgeleef moet word.

Verskeie stappe kenmerkend van ’n oorlewingsmodus sien die lig, soms kortstondig. Van die land se grootste werkgewers se nuwe poste word op groot skaal, en soms meestal, in die buiteland geskep. Voelers word selfs na Botswana uitgesteek om daar ’n soort veilige hawe te vind. Pendelhuwelike is algemeen waar die hoofbroodwinner iewers in ’n woestynland of in Afrika werk en sy gesin tuis versorg.

Die Solidariteit Beweging se Plan B adem deels ook die gees van ’n oorlewingsmeganisme te midde van swak regering, maar strek ook veel verder soos om rassediskriminasie teen minderhede in die bek te ruk, en om te veg teen kulturele imperialisme.

Daar is oproepe om te voorkom dat Zuma ’n derde termyn as president van die ANC dien, en so ’n marionettepresident en -regering bewerkstellig en self vanuit Luthuli-huis sy regeerstyl voortsit. Terselfdertyd word ’n bekommerde oog op die opvolgstryd om die komende vakante presidentskap van die land gewerp. Dit lyk asof adj.pres. Cyril Ramaphosa se kanse mettertyd verskraal, terwyl dit ook lyk of Zuma se taktiek om hom te kelder deur die een hospitaal-aangee na die ander in sy rigting te slinger, aan die voete van klei begin vreet.

Die rapporte wat die DA en die Vryheidsfront Plus aan Zuma en kabinetslede uitgedeel het, dui daarop dat daar min heil in daardie geledere te vinde sal wees om Zuma op te volg. ’n Goeie voorbeeld is dat daar nou sprake van ’n kabinetskommeling is, met een van die swakste ministers, Tina Joemat-Pettersson wat glo deur ’n nog swakker Faith Muthambi as minister van energie vervang gaan word. Ook minister Nhlanhla Nene van finansies se kop gaan glo rol, en die vermoede is nie dat dit gaan oor die ekonomie wat so tuimel nie (die skuld hiervoor kan eerder voor die deure van ministers Davies en Patel gelê word) as dat die tesourie taai in die bek is om buitensporige uitgawes van ministers te finansier.

Die hartseer slotsom in hierdie stadium is dat daar geen waarborg is dat Zuma deur ’n meer bekwame en beter president opgevolg gaan word as hy self nie. Dit maak die suksesvolle deurvoering van Plan B net al hoe belangriker, ’n plan waar nie net “binne die laer” standaarde en beginsels gehandhaaf word nie, maar ook baie hard gewerk word om dinge daarbuite reg te laat werk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

42 Kommentare

Alet ·

Dinge word net nie beter nie. Kyk na die nuwe “tydelike” polisie kommisaris – het alreeds sy “buddies” weer aangestel wat vantevore uit die polisie diens ontslaan is weens korrupsie en onvermoë om die werk te doen…

Gerhard v D ·

Ek is een van die, nie meer jonk nie, wat in Afrika (Zambië) werk. Dit is SO hartseer om te sien ons land is oppad om in die toestand te verval soos wat talle ander Afrika lande (Zambië inkluis) is. En dit lyk my, die ergste van alles is, daar kan niks aan gedoen word nie. As n land eers in diè toestand verval het kom dit NOOIT NOOIT weer reg nie.

Theresa B ·

Eerste keer in ‘n lang tyd lees ek iets wat sin maak………………………

Berhalet Beukes ·

Alles goed en wel en watter idioot word dán ingestem deur die meerderheid?

JaNee ·

Mugabe = Zuma. Gaan SA ook so sukkel om van hom ontslae te raak ?

Rynhardt ·

Wat die ekonoom, Dawie Roodt en kie. nie verstaan nie, dit is nie net Zuma wat die probleem is nie, maar die hele Anc wat SA ekonomies vernietig het volgend die Vryheidsmanifes! Of jy Zuma of Ramaphosa agter n vertoonvenster sit, die meerderheid sal hul bly ondersteun tot die afgrond toe.Daarom beklee SA die titel van rommelstatus!

Dirk Breytenbach ·

Wanneer gaan ons luister na vermanings deur ekonome soos Dawie Roodt en Mike Schussler? Dis duidelik dat Plan B dringend in werking gestel moet word want ons kan nie toelaat dat korruptes ons saam met hulle oor die afgrond vat nie. Die gematigdes in ons land werk vir vooruitgang en nie vir armoedige afrikanisering nie.

Thea Botha ·

Terwyl ons land in ‘n krisis is word daar nog steeds gepraat van verdere uitgawes t.o.v. Jacob Zuma, bv private vliegtuig. Soos dit vir my lyk is dit ‘n geval van terwyl dit pap reën, word daar geskep. Dan as mens kyk na die parlementslede, hulle motors waarmee hulle ry, hulle salarisse, hulle uitrustings, wie betaal daarvoor, belastingbetalers?

Oops ·

Nee wat, hy klou soos ‘n dr.. aan ‘n wolkombers in die winter.

ELMARIE ·

Zuma is bes moontlik in die presidentsposisie bloot omdat hy soos n pion rondgeskuif kan word om te maak soos ander wil hê hy moet maak en omdat hy heel moontlik nie n opinie van sy eie het nie. Ek kan nie saamleef met die feit dat ons as belastingbetalers te midde van n finansiële krisis, astronomiese bedrae moet opdok vir 5 vroue se “dine en wine”en sekuriteit nie. Om nie te praat van die jaarlikse salarisverhoging nie. Pres Mandela het geweier dat sy salaris verhoog word en indien dit sou gebeur het hy dit vir liefdadigheid geskenk. Het niemand dan iets by hom geleer nie??

Theresa ·

Sofistikasie en vooruitgang sal beteken dat die kleinlike kleinserigheid (oor als wat BAIE goed gewerk het twee dekades plus gelede,) altyd die swaar juk van beskuldiging en selfs verdraaiing van feite waar dit meer drama kan veroorsaak hok geslaan moet word deur grootword en werklike volwassenheid. Werklike leierskap. Werklike en werkbare bestuursvernuf en kennis. Ware pligsbesef en nie-gulsige selfbehepte leiers waarna opgesien kan word. Elke landsburger moet ‘n diep rustige besef kan hê dat daar na hul veiligheid in die land omgesien word. Mens moet kan kliniek/hospitaal toe gaan sonder om met ‘n ekstra onding daar uit te kom – of lê op die grond omdat die linne al weer nie genoeg is nie of die beddens te min. Die weermag moet weer een van die bestes ter wêreld wees – met trots en integriteit. Vertroue. Lojaliteit. Logika! Visie. Dit als kan weer wees – daar is genoeg vir almal; niemand hoef afgeskeep te voel of word nie. Dis regtig ‘n wens vir 2016. Iewers in ons land is daar die regte persoon en die regte span persone wat sy hande kan hooghou – om ons weer ‘n land van trots te maak – werkskepping, voedselsekerheid, VEILIGHEID en selfs gelukkigheid…

DAAN ·

Die regering en hulle maats werk lekker, eet lekker, slaap lekker, ry lekker met hulle spogerige motors. Daar is geen sprake van verantwoordelikheid nie. Alles is net lekker. Kyk maar net na SAA. SAUK , Prasa, die lys gaan net aan en aan.As die regering kos moet invoer kan die regering dit bekostig met al hu;lle geld. Dis die gewone man swaar kry.

Gerhard Willemse ·

Die oplossing is voor ons oe en ons kyk dit mis, die anc spreek van tyd tot tyd hul vrees oor etniese groepsvorming uit want sou elke groep eie regering vorm wat aan een president of eerste minister verantwoordimg doen is anc se dae getel. Met Kodesa is nie met etniese leiers onderhandel nie maar terroriste geweldenaars, daarom regeer geweld en korrupsie. Kyk hoe vinnig het hulle van Lucas Mangope ontslae geraak, hy was n leier wat opgeboi het en nie afgebreek het nie. Hou op met kaders onderhandel en kry die ware verteenwoordigers byeen.

Leonie Booysen ·

Ek stem 100% saam. Die problem is die mense kan net nie die wil toon om dit te doen nie. WAt fout is met ons mense weet die VADER alleen

stoney ·

Die dag toe die agbare vent verkies is, nie dat ek enige aandeel daarin gehad het nie, het ek verkondig dat hefaan nou aangebreek het. Van dag 1 was als ‘n totale “disaster”. Hy het nog nooit iets vir hierdie land gevoel nie en werk nog net vir sy eie sak.

Lana ·

Ek en baie ander mense wil so graag weet hoe ons as die nasie die proses kan begin om zuma en sy trawante van die troon af te haal. Hoe is die proses met Mbeki begin en reg gekry maar daai selfde proses kan nie vir zuma gedoen word nie. Wie is die regte mense wat die proses mag en kan begin. Petisie teken? Hoe werk dit nou eintlik want almal kla en soek nie zuma vir ‘n president nie en die hele wereld weet hoe meeste van ons voel maar waar begin die proses vir zuma om hom te skop soos mbeki? Prokereurs, hof bevel, adverteer om ‘n saak teen hom te gaan maak by die polisie stasie sodat almal vir jou kan lag? HOE????

chrisp ·

Lana

Die man is verkose(demokraties) met ‘n geweldige meerderheid dit is so eenvoudig.

Besef, sou hy more weer die leier wees van die ANC sal hy weer verkies word (demokraties) punt.
Hoekom kwaad wees vir Zumpie hy het net een stem vir homself die mense kies hom.Begin dit nou besef asb, Dawie jy inkluis.Die probleem is die verskille tussen nasies en dit is nou maar so.Ons kan hier op maroela die meerderheid se hy is swak,leunagtig,korrupt ens die feit bly staan hy is verkies.
Die opvolger(indien wel) sal net so pateties wees.Mandela was beter as Mbeki omdat hy ‘n eerste wereld geerf het sou hy vandag regeer het sou dieselfde prentjie geverf word.Mbeki op sy beurt was beter as Zuma omdat hy ‘n naby eerste wereld geerf het.Net so sal Zuma beter wees as wie ook al, dit is die verloop van die verval en die najaag van die vryheidsmanifes deur die ANC in die algemeen en al bg “leiers” in die besonder.

Bg is verduidelik oor en oor ,gesmeek ja selfs party het kwaad geraak in die 1990’s maar hier sit ons nou.Blan B is al opsie nie die DA of EFF gaan die ANC uitstem nie. Dit gebeur bloot nie in Afrika nie. (Sou so wonderwerk gebeur onderskryf beide die DA en EFF in elk geval dieselfde vryheidsmanifes en ons sit net met ander mense wat dit implimenteer). Wanneer gaan die mense besef dat Suid-Afrika, Afrika in sy naam dra.Dit is die pad as ons politieke “demokratiese” spelietjies wil speel waar 9 jakkalse en een skaap stem wat vir ete is.

chrisp ·

Lana

Die man is verkose(demokraties) met ‘n geweldige meerderheid dit is so eenvoudig.

Besef, sou hy more weer die leier wees van die ANC sal hy weer verkies word (demokraties) punt.
Hoekom kwaad wees vir Zumpie hy het net een stem vir homself die mense kies hom.Begin dit nou besef asb, Dawie jy inkluis.Die probleem is die verskille tussen nasies en dit is nou maar so.Ons kan hier op maroela die meerderheid se hy is swak,leunagtig,korrupt ens die feit bly staan hy is verkies.
Die opvolger(indien wel) sal net so pateties wees.Mandela was beter as Mbeki omdat hy ‘n eerste wereld geerf het sou hy vandag regeer het sou dieselfde prentjie geverf word.Mbeki op sy beurt was beter as Zuma omdat hy ‘n naby eerste wereld geerf het.Net so sal Zuma beter wees as wie ook al, dit is die verloop van die verval en die najaag van die vryheidsmanifes deur die ANC in die algemeen en al bg “leiers” in die besonder.

Bg is verduidelik oor en oor ,gesmeek ja selfs party het kwaad geraak in die 1990’s maar hier sit ons nou.Blan B is al opsie nie die DA of EFF gaan die ANC uitstem nie. Dit gebeur bloot nie in Afrika nie. (Sou so wonderwerk gebeur onderskryf beide die DA en EFF in elk geval dieselfde vryheidsmanifes en ons sit net met ander mense wat dit implimenteer). Wanneer gaan die mense besef dat Suid-Afrika, Afrika in sy naam dra.Dit is die pad as ons politieke “demokratiese” spelietjies wil speel waar 9 jakkalse en een skaap stem wat vir ete is.

chrisp ·

Lana.

As jou nasie die reenboog is sal julle hom maar moet uitstem saam met die ANC en vervang met die DA of EFF wat dieselfde beleide grootliks najaag. In die geval sterkte met dieselfde resep vir dieselfde koek net ander bakker.

Leonie Booysen ·

Die antwoord is om vir selbeskikking in die plaaslike munisipale verkiesing te stem

Leonie Booysen ·

Die antwoord is om vir selfbeskikking in die plaaslike munisipale verkiesing te stem

Leonie Booysen ·

Die antwoord is om vir selfbeskikking in die plaaslike munisipale verkiesing te stem

Pierre Prinsloo ·

En KODESA het gestaan vir “kom ons deel en steel saam” tussen die ANC end die NP vandag word Roelf Meyer, F.W. de Klerk en sy trawante gefinansier deur die ANC leef in weelde met hulls dertig silver stukke, verskoon Nobel prys geld met ‘n massa lyfwagte wat hulls oppas

Nico ·

Zuma was n volgens algemene inligting n beeswagter vir sy pa se beestroppe en het klaarblyklik net std 2 gemaak (wonder of hy dit geslaag het???) Uit toesprake wat Zuma aflees (wat volgens my vir hom voorberei en geskryf word) kry n mens die gevoel dat hy nie die faagste benul en agtergrond het van die onderwerp waaroor hy die toespraak lewer nie. Alles is vir hom n grap ( n aanhaling so rukkie gelede toe Vusie Mayemane hom gedurende n parlementêre sitting gevra het waarom hy vir alles giggel, was sy antwoord klaarblyklik: I don’t know how to stop giggling!!!!) n bewys van hoe min belang hy werklik by die landssake het. Sy ontwyking om plaaslike parlemetslede tydens toesprake darem so nou en dan in die oë te kyk (neem F.W. de Klerk, Vusie Mayemane en vele ander as voorbeelde) asook tydens sy talle (waarvan vele volgens my mening onnodig was en steeds is) buitelandse besoeke en gepaardgaande toesprake asook wanneer hy plaaslik op televise veslag doen, laat n mens wonder waarom hy nie oogkontak maak in plaas daarvan om n “voorlesing” af te lees nie. Na my mening is die rede hiervoor te vinde in sy gebrekkige kennis oor die onderwerpe asook kan hy landsburgers nie in die oë kyk nie omdat daar soveel korrupsie klagtes teen hom is wat dood eenvoudig net van die tafel af gevee was en steeds afgevee word. Die verdere vraag waarom hy soveel vroue het (geregverdig deur sy agtergrond en kultuur????), kan volgens my seining gevind word in net nog n slinkse manier om toekomstige salarisse na sy aftrede (UITTREDE!!!) te maksimaliseer want elkeen van die vroue sal sekrerlik hulle “GRANTS” en ander voordele behou, so hy het seker gemaak dat hy steeds miljoene rand per jaar (laat staan nog die motors en ander toelaes) sal ontvang. Die ANC gooi oral wal om hom te beskerm maar God slaap nie en Zuma se val kom!!!! Ons moet net aanhou bid soos Sarel Cilliers op 16 Desember 1838(as ek reg onthou) by die slag van Bloedrivier gebid het vir oorwining. Ons dien steeds dieselfde God.

vermeende ·

Hierdie land is al van die Ja/Nee stem af op die afdraande pad. Vir die grootste deel van 20jaar is instandhouding en infrastruktuur belegging op die beack burner geplaas, eerste was steel!

Eskom is vandag die beste voorbeeld.
Op die oog af kom dit voor of die “War room” die antwoord was, kyk hoe lank gaan ons nou al aan sonder beurt krag…….maande!
Moenie geflous wees nie.
SA se elektriese aanvraag het terug gesak na meer beheerbare aanvraag vir Eskom in sy voorsiening. SA se elektriese aanvraag is nou laer as in 2008 en waaraan kan ons dit toeskryf?
Daar word steeds RDP huise gebou wat die aanvraag moet verhoog maar wat werklik gebeur is groter as Zuma en die ANC.

Groot besighede onttrek uit SA soos Anglo America wat duisende gaan af betaal en gaan sit elders shop op.

Niks kan hierdie verval nou meer keer nie, nie ‘n plan B of ‘n nuwe kabunet nie. Die skade van 20jaar is net te groot en te duur om dit binne die volgende 20jaar te herstel.

Werk dit so uit.
Vir 10jaar het Eskom net gelos, om daai herstel werk in die volgende 10jaar op datum te bring beteken dit dat sy begroting vir instandhouding moet verdubbel en dan is die netwerk nie vergroot nie.

Ons populasie groei met 7% per jaar maar die ekonomie nie, dit roei met 1.6%
Grants moet betaal word om die verkiesing weer te wen.

Maak jouself reg om volgende jaar 15% BTW te betaal en ‘n verhoging in jou inkomste belasting en moontlik ook die voorgestelde gegoede belasting omdat jy wit is.

Marsman ·

Dit is tyd vir burgerlike ongehoorsaamheid. Weerhou alles van hierdie gepeupel af en begin dink op ons kniee.

chrisp ·

Lana

Die man is verkose(demokraties) met ‘n geweldige meerderheid dit is so eenvoudig.

Besef, sou hy more weer die leier wees van die ANC sal hy weer verkies word (demokraties) punt.
Hoekom kwaad wees vir Zumpie hy het net een stem vir homself die mense kies hom.Begin dit nou besef asb, Dawie jy inkluis.Die probleem is die verskille tussen nasies en dit is nou maar so.Ons kan hier op maroela die meerderheid se hy is swak,leunagtig,korrupt ens die feit bly staan hy is verkies.
Die opvolger(indien wel) sal net so pateties wees.Mandela was beter as Mbeki omdat hy ‘n eerste wereld geerf het sou hy vandag regeer het sou dieselfde prentjie geverf word.Mbeki op sy beurt was beter as Zuma omdat hy ‘n naby eerste wereld geerf het.Net so sal Zuma beter wees as wie ook al, dit is die verloop van die verval en die najaag van die vryheidsmanifes deur die ANC in die algemeen en al bg “leiers” in die besonder.

Bg is verduidelik oor en oor ,gesmeek ja selfs party het kwaad geraak in die 1990’s maar hier sit ons nou.Blan B is al opsie nie die DA of EFF gaan die ANC uitstem nie. Dit gebeur bloot nie in Afrika nie. (Sou so wonderwerk gebeur onderskryf beide die DA en EFF in elk geval dieselfde vryheidsmanifes en ons sit net met ander mense wat dit implimenteer). Wanneer gaan die mense besef dat Suid-Afrika, Afrika in sy naam dra.Dit is die pad as ons politieke “demokratiese” spelietjies wil speel waar 9 jakkalse en een skaap stem wat vir ete is.

chrisp ·

Maroela.
Ek probeer al 3 keer dieselfde komentaar plaas sonder sukses.Wat is die probleem?

Een word dadelik geplaas en die ander een nie.Wat sal die rede wees?

neelsie ·

Soos die kommuniste miljoene mense se lewe verwoes het,gaan Zuma maar rustig daarmee aan.
Afrikaleiers is n skande vir die mensdom.
Dis net “I , me and myself”
Hoog tyd dat dit gestop word.

PJ ·

Is daar nie n manier hoe ons wettiglik ons belastings kan terug hou nie ?

Johan 2 ·

Ek stem saam PJ…soos n massa klasaksie. Ek wil raai dat solank die “verslaande geslag” die besighede besit sal hul dit nie ondersteun nie…gee dit nog so paar jaar (ek raai 2020 tot 2022), die swart middelklas sal dit waarskynlik ook ondersteun met bietjie aanmoediging (hul doen maar weinig op hul eie).

Sus ·

Idee: Afriforum skep asb rekening sodat ons ons belastings daar kan inbetaal totdat daar iets daadwerkliks gedoen word aan:

*Plaasmoorde

*Droogtehulp gegee word vir boere wat kos op ons tafels moet sit

*Zuma en korrupsie aan die pen ry

Pieter ·

90 persent van belastingbetalers stem nie vir die ANC regering . Ons sit met ‘n massiewe probleem waar die meerderheid geen idee van ekonomie het of geensins bydra tot ons ekonomie so stem eenvoudig vir wie ook al vir hulle die mooiste beloftes maak.

Ons moet eenvoudig belasting geld onttrek en in ‘n fonds sit wat die regering se geldmors kultuur kan monitor en uitbetaal op dit wat nodig is. Sodoende maak dit nie saak wie of wat in die stoel sit die ekonomie word deur die mense wat daartoe bydra beheer.

Hennie ·

You cannot fix a problem that you refuse to acknowledge – Margaret Heffernan

Jan maak n Plan ·

Sal dit nie n blye dag wees, as die sot nie meer in die parlement is nie.

Johannes Meintjes ·

‘n Dringende implementering van ‘n volhoubare selfbestuur (Plan B, en selfbeskikking vir die wie regsgeldig ook daarna streef), en welke strukture die skommelings rondom ons beter kan weerstaan, maar ook aan die internasionale markte ‘n heenkome van integriteit bied, kan nie langer uitgestel word nie.

Chris ·

Zuma is baie duidelik besig om n empire binne die ANC en Staat te bou wat sy derde termyn + moet verseker …..

Die vraag is egter of mense hierdie diktatorskap moet aan vaar wat deur deur ‘meerderheid’ instand gehou word of moet hulle hul reg op selfbeskikking eerder realiseer ?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.