‘Nuwe’ onthullings oor Dewani-moord

Shrien en Anni Dewani.

Die BBC gaan Donderdag tydens sy Panorama-program glo splinternuwe beeldmateriaal wys van die gebeure voor die moord op Anni Dewani.

Rapport berig dat die dokumentêre program, “The Honeymoon Murder”, glo videomateriaal van kringtelevisiekameras bevat wat nog nooit voorheen gesien is nie. Dewani (28) is in November 201 vermoor terwyl sy saam met haar man, Shrien (31), op wittebrood in Kaapstad was. Die paartjie is glo op 13 November tydens ʼn beweerde kaping in Gugulethu ontvoer. Shrien is glo uit die motor gegooi. Anni se lyk is dae later met ʼn enkele kopwond in die huurmotor gevind. Die huurmotor se bestuurder, Zola Tongo, het ʼn pleitooreenkoms met die staat aangegaan waarin hy beweer het Shrien het hom R15 000 aangebied om sy vrou te vermoor. Hy is tot 18 jaar tronkstraf gevonnis. Tongo het glo twee ander mans, Xolile Mngeni en Mziwamadoda Qwabe, gehuur om die moord te pleeg. Mngeni en Qwabe se hofsaak is steeds aan die gang. Die BBC vra in die dokumentêr: Het die skatryk sakeman ’n taxibestuurder betrek om sy vrou se dood te reël of is hy verkeerdelik beskuldig? Die BBC sê hy sal ook ʼn “ander kant” wys van die paartjie as wat tot dusver uitgebeeld is. Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het sy kommer oor die dokumentêre program uitgespreek, aangesien die saak hangende is. ʼn Britse hof moet eersdaags uitspraak lewer in Shrien se appèl om nie na Suid-Afrika uitgelewer te word nie.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.