Nuwe top polisieman van Gauteng glo aangekla

Riah Phiyega Foto: GCIS/SAPA

Riah Phiyega Foto: GCIS/SAPA

Die nuwe polisiekommissaris van Gauteng, wat Saterdag aangestel is, staar glo kriminele klagtes in die gesig.

Riah Phiyega, nasionale kommissaris van die polisie, het Saterdag die aanstelling aangekondig. “Lt.gen. Bethuel Zuma het 20 jaar ervaring as ‘n polisiebeampte,” het Phiyega gesê. “Hy het van ‘n konstabel na ‘n generaal-majoor gevorder.”

Hy is glo nie ‘n verwant aan pres. Jacob Zuma nie.

Intussen berig EWN dat Zuma glo kriminele klagte in die gesig staar. Hy is glo in September 2008 in Pietermaritzburg in hegtenis geneem op aanklag van dronkbestuur, dat hy ‘n padblokkade verontagsaam het en dat hy nie verkeersbeamptes wou toelaat om sy bloed te trek om die alkoholvlak te toets nie.

Volgens EWN het hy vlugtig ná sy inhegtenisneming in die hof verskyn en sedertdien is die saak op verskeie geleenthede teruggetrek en weer ingestel.

Phiyega het aan EWN gesê sy is eers oor dié saak ingelig nadat sy die aanstelling gemaak het. “Ek het sopas daarvan uitgevind. Hy het aangedui daar is so ‘n saak maar ek is nie seker oor die inhegtenisneming nie en ons sal binnekort kommentaar lewer oor die saak,” het Phiyega aan EWN gesê.

Zuma sal lt.gen. Mzwandile Petros vervang wat Saterdag sy laaste dag as provinsiale kommissaris deurgebring het nadat hy sy aftrede aangekondig het. Phiyega het Petros bedank vir sy lojale diens aan die polisie. Sy sê hy sal nog ‘n jaar lank betrokke wees by die polisiediens. “Hy het aangedui dat hy ander belange wil nastreef, maar ek het hard probeer om seker te maak dat sy vaardighede nie verlore gaan vir die SAPD nie. Hy het goedhartig ingestem om tot die einde van die jaar aan te bly om op ‘n paar spesiale projekte te fokus.”

Intussen is lt.gen. Sehlahle Fanie Masemola as die nuwe kommissaris vir Limpopo aangestel. Lt.gen. Simon Mpembe, die vorige kommissaris van Limpopo, is as die nuwe kommissaris vir Vrystaat aangestel. Phiyega het ook drie adjunk nasionale kommissarise aangestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Elize ·

SKANDE-HIERDIE LAND IS IN DIE VERDOEMENIS.WAT GAAN HIERDIE REGERING DOEN,OM DIE MOORDE TE STOP OP ONS BOERE EN WITMENSE.mOET DIE WITMENSE IN OPSTAND KOM?????

H J Bester ·

Weereens ‘n jammerlike flater – om eers ‘n aanstelling bekend te maak en dan te moet uitvind dat die kandidaat eintlik ‘n kriminele rekord het – dit is onvergeeflik vir ‘n instelling soos die SAPD en sal maatreëls in plek moet kom om dit in die toekoms te verhoed.

Om bloot binne 20 jaar te vorder van ‘n korporaal na ‘n generaal, is nie in alle gevalle ‘n groot prestasie nie – veral nie binne ANC-regeringsverband nie want daar is soveel nepotisme asook baantjies vir boeties en ander vorme van voortrekkery. Gee liewer die kandidaat se akademiese prestasie deur want dan kan mens ‘n beter opinie vorm van die man se bekwaamhede.

Seg Net ·

Dag seg Bester. Jong vir ‘n ingeligte man sonder tonnel-visie is jy maar bra oningelig. Is dit omdat jy meer in Malema se EFF modes belangstel as wat om jou aangaan? Daar bestaan nie iets soos ‘n korporaal in die SAPD nie. Indien jou opleiding klaar is begin jy as ‘n konstabel. Die wêreldjie waarin jy jouself uitleef is maar bra klein en jou algemene kennis nog kleiner. Is dit nie tonne-visie nie? Verbreed gerus jou kennis om meer uit te vind wat in die land en rondom jouself aangaan.

Trippie ·

Ja Seg Net, ‘n jarelange vriend van my, verbonde aan die eertydse SAP (nou SAPD) sit al geruime aantal jare (16 om presies te wees) met die rang Senior Superintendent, MET GEEN VOORUITSIG OP BEVORDERING.

Waar is die dae toe hierdie manne en vrouens eksamens moes afle om bevordering te kry en NIE op grond van hul velkleur spring van junior na senior nie. So ook wat kriminele aanklagte aanbetref. Jy sou NOOIT in die mag opgeneem word indien daar enige klagte teen jou was nie. Dit is voor aanstelling vasgestel.

WAT ‘N SKANDE !

Seg Net ·

Hallo Trip, ja jy weet ek was destyds in die SAP kollege gevang dat ek sonder toestemming die perseel verlaat het, was stad toe. Was dissiplinêr aangekla en skuldig bevind. Destyds het ons dit “peg” genoem. Ek het sersant eksamen binne die eerste jaar na opleiding geskryf en geslaag. My bevordering is vir ‘n volle jaar teruggehou vir so ‘n simpele oortreding. Daar was nog dissipelinne en respek. Destyds onmoontlik om in net 20 jaar van konstabel tot generaal-majoor bevorder te word en dan nog tot polisiekommissaris van ‘n provinsie?

Hannes De Beer ·

“Phiyega het aan EWN gesê sy is eers oor dié saak ingelig nadat sy die aanstelling gemaak het.”

Dit, kommissaris Phiyega, is ‘n erkenning van onbevoegdheid. Selfs jou mees junior konstabeltjie sal jou vertel dat ‘n mens eers die ondersoekwerk doen en dan die aanstelling maak.

Wanneer kan ons jou uittrede verwag? Sonder goue handdruk.

Louise Botha ·

Asseblief spaar ons manne en vroue in Blou hierdie vernedering ook hoe kan daar verwag word dat die ondergeskiktes hulle werk reg moet doen as top bestuur in so mate korrup is. Dis n skande Generaal Phiyega ek het baie respek vir jou maar wraggies kon jy nie eers seker gemaak het watter klagtes die man in die gesig staar nie nee man maggies jy het soveel mense wat jou ondersteun nou faal jy hulle deur die aanstelling my opinie jys sal vinnig moet regstel ek vra al hoelank om n afspraak met jou Generaal en elke keer kry ek die antwoord hulle kom terug na my ek wag steeds nee dit is ne soos mens te werk gaan nie, junior word summier geskors hierdie man word die PK raak die Polisie diens nou n grap op wat

Hannes De Beer ·

Sterkte mens. Ek hoop sy sal eendag die moed aan die dag le om jou te woord te staan, maar die hoop is seker maar skraal.

Seg Net ·

Louise Botha, Kom ons wees baie eerlik met mekaar. Hierdie polisie diens is van bo tot onder een groot korrupte spul. Daar behoort mos nie sulke ondersoeke plaas te vind om uit te vind op enige polisie beampte korrup is of selfs ‘n kriminele rekord het nie. In dien enige polisie beampte enige klag teen hom/haar is behoort hulle geskors te wees. Alle polisie beampte wat aan enige misdaad of korrupsie skuldig bevind is behoort onmiddellike ontslag te kry. Daar behoort geen persoon met enige kriminele rekord in die polisie nie.
SAPD = Suid Afrikaanse Professionele Diewe. Grootste wettige georganiseerde misdaad sindikaat ter wêreld.

Louise Botha ·

Seg Net ek stem saam met jou die geval van die lede wat met Winnie te doen gehad het is geskors maar die twee lede wat op n motoris geskiet het is steeds is diens nou soms verstaan ek nie altyd hoe hulle redeneer nie nie. Een ou wat iemand verkrag sal geskors word n ander een sal steeds in die diens wees ek weet van n senior offisier in so geval maar hy is untouchable skande

Louise Botha ·

enige junior lid wat bevorder word kyk hulle eers of daar hangende sake is teen lid voor aanstelling gemaak word hoe Generaal verduidelik jy die glipsie of gaan jy dit ook aan die Portefeulje komitee verduidelik en se jy was nie bewus nie glo my Generaal Phiyega waar dit senior staf is behoort jy kennis te dra van dit so jou verskoning is nie aanvaarbaar nie o wag dat ek ophou ek word nou net kwaad daar is AO’s wat wit is wat al sedert 1992 in die rang is wat waarneem vir jare as Takbevelvoerders maar hulle kan nie eers n offisier word nie omdat hulle wit is maar n verdagte in n saak die generaal is nog nie skuldig bevind nie kan n PK word watter sirkus is hierdie

Seg Net ·

Ja my maat, as ‘n beweerde verkragter die presedent van ‘n land kan word is sulke dinge mos liewer die reël as uitsondering indien die kleur reg is.

Cornell Pretorius ·

20 Years Service and a Lt General what a joke some members with Degrees and a clean record still waiting to be promoted to Capt with more years of service oooops I forgot they are white

Erich Goosen ·

As die Generaal se beweerde oortredings reeds so lank gelede as 2008 gepleeg is sonder dat hy tot op hede vervolg is, kan ons vir alle praktiese doeleindes aanvaar dat hy nie vervolg gaan word nie. Wonder of hy ook aan voorvadergeeste glo wat soos nat hond ruik?

Erich Goosen ·

Ek verstaan nou die sangoma wat Gen Petros se vergadering onderbreek het en die nat hond geruuik het, was Gen Zuma se klein nat hondjie. Die Groot Nat Hond wat in Nkandla woon se ruik is glo baie erger as die van Gen Zuma ()amper soos die goed wat hulle op die Kaapse Lughawe uitgegooi het) en die sakie moet nog verder gevoer word.

Amy ·

Dis wat gebeur as jy iemand wat in die korporatiewe wêreld was, in die polisiediens aanstel, sonder dat sy ooit enige ondervinding het. En dit gebeur orals. By die banke stel hulle sommer iemand aan wat fabriek-bestuurder was, terywl ander al jare vir die bank werk en die bank ken, maar nee…. hulle is te flippen bleek!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.