OB-verslag: ‘SAUK-hoof kry 63%-verhoging in een jaar’

sabcThuli Madonsela, openbare beskermer, sê die SAUK het miljoene rande verloor weens die optrede van Hlaudi Motsoeneng, die openbare uitsaaier se waarnemende hoof operasionele bestuurder (COO).

Madonsela het in haar nuutste verslag getiteld “Wanneer korporatiewe regering en etiek faal” bevind dat Motsoeneng se aanstelling onregmatig was. Daar is ook bevind dat Motsoeneng gelieg het oor die feit dat hy wel ʼn matrieksertifikaat het. “Mnr. Motsoeneng het deur sy eie toelating in sy aansoekvorm aangevoer dat hy matriek geslaag het en het hy opgemaakte simbole op dieselfde aansoekvorm ingevul en beloof om ʼn matrieksertifikaat te verskaf om sy kwalifikasies te bevestig terwyl hy geweet het hy het nie die beloofde sertifikaat nie.” Madonsela sê Motsoeneng sou nie in 1995 aangestel geword het as hy nie gelieg het oor sy kwalifikasie nie. “Hy het die leuen in 2003 herhaal toe hy vir die pos van uitvoerende bestuurder: aktuele sake aansoek gedoen het en waarin hy diensooreenkomstig nie moes in aangestel geword het nie.” Madonsela sê sy het ook ongerymdhede rakende Motsoeneng se salaris opgemerk. “Die bewering dat mnr. Motsoeneng se salarisvordering onreëlmatig was, is gestaaf deur die feit dat hy in een jaar drie keer ʼn salarisevaluering gekry het waarvolgens sy salaris as uitvoerende bestuurder van R1,5 miljoen na R2,4 miljoen gespring het.” Madonsela sê sy salaris as waarnemende COO het gelyktydig van R122 961 na R211 172 (ʼn 63%-verhoging) gestyg in 12 maande.”

Die SAUK en die departement van kommunikasie het intussen aangedui dat hulle die verslag sal bestudeer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Eugenie ·

Thuli stel dit so ‘ mooi ‘, hy het geLIEG. Volgende stap?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.