Die omstrede skilery van president Jacob Zuma wat in die Goodman-gallery hang, is Dinsdag deur vandale geskend.
EWN berig dat een man in die gallery ‘n rooi kruis oor Zuma se privaatdele geverf het, en ‘n tweede man toe die skildery verder met swart verf geskend het. Twee mans word tans deur die polisie aangehou, maar die gallery het nog nie die voorval bevestig nie.
Die ANC poog tans om ʼn interdik te kry wat die Goodman-gallery in Johannesburg sal verbied om die skildery, getiteld “The Spear”, uit te stal. Die skildery is deel van die Kaapstadse kunstenaar, Brett Murray, se uitstalling wat “Hail to the thief II’ heet.
Een kommentaar