Onmin oor Mandela-miljoene

Madiba

Mandela se dogters, Makaziwe Mandela en Zenani Dlamini, poog om die aanstelling van adv. George Bizos, kabinetminister Tokyo Sexwale en prokureur Bally Chuene van die maatskappye wat Mandela se handafdrukke bestuur, ongeldig te verklaar.

Volgens die Star wil die twee dogters hê dat die mans van die Harmonieux Investment and Holdings en Magnifique Investment and Holdings verwyder word. Hulle voer in ‘n dokument aan dat die drie mans nie formeel deur ‘n resolusie aangestel is nie. Die maatskappye is op die been gebring om die wins uit Mandela se handafdrukke, ter waarde van sowat R15 miljoen, vir Mandela en sy kinders se voordeel te kanaliseer. Die twee dogters voer aan dat Bizos, Sexwale en Chuene nie deur Mandela as grootste aandeelhouers of direkteure aangestel is nie.

Michael Hart, direkteur van die prokureursfirma Norton Rose, het in ‘n verklaring gesê dat sy kliënte, naamlik Bizos, Sexwale en Chuene, die growwe aantygings in geheel ontken. “Ons sal die aansoek teenstaan,” het Hart gesê.

Volgens Hart het Mandela in Junie 2004 sy professionele verhouding met die dogters se prokureur, Ismail Ayob en sy firma, verbreek. “Hy het uitdruklik opdrag gegee dat onafhanklike professionele sakemanne Ayob en sy gesinslede as trustees van die onderskeie trusts en direkteure van die maatskappye wat deur die trust besit word, moet vervang. Ons kliënte is deur mnr. Mandela aangewys en hulle is uiteindelik amptelik as direkteure van die onderskeie maatskappye aangestel.”

Volgens die aansoek van die dogters, wat Ayob na Sapa gestuur het, versoek hy namens die dogters dat die drie mans as direkteure moet bedank. Hy het glo nie reaksie ontvang nie. Ayob het aan Sapa gesê ‘n aansoek vir ‘n bevel dat die drie mans moet bedank sal op 30 April in die Johannesburgse hooggeregshof ingedien word.

Mandela se kleinseun, hoofman Zwelivelile Mandela, het homself van die aansoek distansieer. “Ek is nie bewus van hierdie hofaansoek nie en ondersteun dit ook nie,” het hy gesê. “Die drie mans het integriteit en het nog altyd my oupa se ondersteuning geniet.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

HELENA SEABORNE ·

hiehiehie hy is nog ni eers dood ni en hulle baklei alklaar. hoop hulle moor mekaar uit in di proses

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.