Ontploffing in Rosslyn, PTA

Die toneel in Rosslyn Foto: @KarinLab op Twitter

Vier geboue het Woensdag in Rosslyn in die noorde van Pretoria in ligte laaie gestaan na ʼn ontploffing in die gebied.

Johan Pieterse, ʼn woordvoerder van die Tshwane-metro se nooddienste, sê die ontploffing het by ‘n chemiese fabriek plaasgevind. “Die fabriek herwin ou olie om nuwe olie van te maak. Daar was glo ʼn probleem met ʼn verbrander wat 44 galondromme vol olie laat ontplof het,” het Pieterse gesê.

Verskeie voertuie is in die ontploffing beskadig. Niemand is beseer nie.

Die brand het ook elektrisiteitstoevoer in die gebied beïnvloed.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.