Ontvoerde baba gevind, egpaar vas

Revelation Jones

Die ses maandeoue babaseuntjie wat Dinsdag van sy ouerhuis in Bezuidenhoutvallei, Johannesburg ontvoer is, is gevind.

Lt. kol. Lungelo Dlamini, ʼn polisiewoordvoerder, sê die seuntjie, Revelation Jones, is Donderdag in Fordsburg gevind. Die Pakistani-egpaar wat die seuntjie glo ontvoer het, is in hegtenis geneem. Die egpaar het glo ʼn kamer in die seuntjie se ouers se huis gehuur. Hulle het die seuntjie glo Dinsdag ontvoer nadat hulle sy oppasser probeer keelaf sny het. Ifeanyi Jones, die seuntjie se pa, het die babaoppasser in ʼn kritieke toestand aangetref en haar na ʼn hospitaal geneem. Volgens die polisie het die egpaar nog nie hul huurgeld vir Desember 2012 betaal nie. Jones het laat Woensdagaand ʼn SMS ontvang waarin die ontvoerders ‘n losprys van R100 000 geëis het. Die egpaar het glo drie van hul eie kinders en die vrou is glo weer swanger.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.