Onwettige mynwerkers gaan aangekla word

Onwettige mynwerkers ontvang mediese behandeling voor hulle in hegtenis geneem word. Foto: ER24

Onwettige mynwerkers ontvang mediese behandeling voor hulle in hegtenis geneem word. Foto: ER24

Die 11 onwettige mynwerkers wat Sondag uit ʼn verlate myn in Benoni in die Oos-Rand gered is, gaan aangekla word.

“Die mans sal Dinsdag in die Benoni-landdroshof verskyn op aanklag van onwettige ontginning,” het lt.kol. Katlego Mogale, ʼn polisiewoordvoerder, Maandag gesê. Die groep mans word deur die polisie aangehou.

Volgens berigte is darr nog steeds sowat 200 onwettige mynwerkers ondergronds vasgekeer.

Van die onwettige mynwerkers weier nou glo om na die oppervlak terug te keer omdat hulle in hegtenis geneem gaan word. Die nooddienspersoneel wil nie met hul reddingspoging voortgaan voordat die myners van plan verander nie. Die toestande is baie gevaarlik vir die oorblywende myners, aangesien die skag enige oomblik kan meegee. -SAPA

Lees ook:
Talle onwettige mynwerkers gered
Onwettige mynwerkers steeds ondergronds vasgekeer
Honderde onwettige mynwerkers glo ondergronds vasgekeer

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.