Oscar bly in aanhouding

Oscar Pistorius se hofsaak is tot volgende week Dinsdag uitgestel en hy gaan tot dan by die Brooklyn-polisiestasie aangehou word.

Oscar (26) het Vrydag in die Pretoriase landdroshof verskyn op ʼn aanklag van moord op sy vriendin, Reeva Steenkamp (30). Die saak word uitgestel vir verdere ondersoek. Die staat het ook laat weet hulle het sy borgtog teengestaan en voer aan hy het haar vermoor met voorbedagte rade.

Oscar het omstreeks 09:00 by die Pretoriase landdroshof opgedaag om vir borg aansoek te doen. Hy het emosioneel voorgekom en moes deur sy pa, Henke, getroos word terwyl die aanklagte teen hom voorgelees is. Die Paralimpiese atleet word daarvan aangekla dat hy Reeva Donderdagoggend vier keer deur ʼn badkamerdeur geskiet het, berig EWN. EWN berig dat, alhoewel hul ooreenstemmende inligting van die misdaadtoneel ontvang het, die polisie dit egter nog nie amptelik bevestig het nie. Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.