Oscar Pistorius is oor die naweek afgeneem waar hy saam met ʼn vriend in Hermanus in die Wes-Kaap met ʼn kajak gery het, het Beeld Dinsdag berig.
Dit is ʼn paar dae voordat sy moordverhoor op 19 Augustus in Pretoria afskop. Pistorius se vriendin, Reeva Steenkamp, is op Valentynsdag vanjaar by sy huis in die ooste van Pretoria doodgeskiet.
Volgens Arnold Pistorius, Oscar se oom en woordvoerder, moes Oscar net ʼn “breuk neem van die tronk waarin hy lewe”.
Oscar bly by sy oom se huis in Pretoria, sedert hy op borgtog vir Steenkamp se moord, vrygelaat is. “Volgens my kennis is dit die eerste keer dat Ozzie Gauteng vir ʼn geruime tyd verlaat het,” het Arnold aan die koerant gesê.
Hy het gesê Oscar was in Hermanus om ʼn familievriend se moeder, wat terminaal siek is, te besoek. Hy beplan ook om Kaapstad te besoek voordat hy terugkeer na Pretoria vir die verhoor.
– SAPA
Ja en? Hy is mos geregtig om goed te doen en na plekke te gaan. Gun vir Oscar die ruimte wat hy nou wil he.
Ag please los die man in vrede. Genade as hy gan piepie dan sal dit seker ook voorblad nuus wees! Daar is ander dinge wat meer saak maak!
Dink aan jou Oscar … jammer die media kan jou nie uitlos nie.
Aasvoëls se berugte is te min. Watter geur was sy poep vanoggend.
wie gee om???
So what as Oscar ‘n bietjie gaan rus het om uit die oog van die media “valtures” te kom! Hy kan mos kom en gaan soos hy wil….. genade die hele saak raak nou net so afgesaag sood Mandela se hospitalisasie…. wens mense wil tog end kry