Oscar nie welkom by Londen-gedenkspele

Oscar Pistorius Foto: Reuters

Die Olimpiese Paralimpiese atleet, Oscar Pistorius, is glo nie welkom om vanjaar aan die Londense Olimpiese gedenkspele deel te neem nie.

Die geleentheid wat van 26 tot 28 Julie by die Londen Olimpiese park gehou gaan word, is gereël om die eerste eeu van die stad se Olimpiese en Paralimpiese Spele te gedenk.

Volgens Ed Warner, organiseerder en voorsitter van VK-atletiek, is Pistorius nie welkom om deel te neem nie. Volgens hom wil hulle nie die geleentheid in ʼn mediasirkus laat ontaard nie, omdat dit glo die kollig van die ander sportsterre sal afneem.

Hy sê egter die besluit kan enige oomblik verander, maar in die stadium gaan die lemnaeler nie genooi word nie.

Pistorius word daarvan aangekla dat hy op Valentynsdag sy meisie, Reeva Steenkamp, in sy huis in Pretoria doodgeskiet het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Hanlie ·

Ag dis nou gemeen! Genade maar die mense is belaglik kleinlik!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.