Oscar se broer het ‘diep berou’ oor ongeluk

Carl Pistorius vroeër die week in die Pretoriase landdroshof tydens sy broer Oscar se borgaansoek. Foto: Werner Beukes/SAPA

Carl Pistorius, Oscar se broer, het “diep berou” oor die ongeluk waarin ʼn vroulike motorfietsryer dood is.

Die Pistorius-familie se regsverteenwoordiger, Kenny Oldwage, het Sondag bevestig dat Carl van strafbare manslag aangekla word oor die ongeluk wat in 2008 gebeur het. Oldwage sê die aanklagte is aanvanklik deur die staat teruggetrek maar weer later deur die nasionale direkteur van openbare vervolging ingestel. “Carl het diep berou oor die ongeluk,” het Oldwage in ʼn verklaring gesê. Volgens Oldwage is daar na afloop van die ongeluk bloedtoetse gedoen en is daar bewys dat Carl nie onder die invloed van alkohol was toe die ongeluk plaasgevind het nie. Carl het Donderdag, die dag voor Oscar op borg van R1 miljoen vrygelaat is, in die hof verskyn. Die saak is tot einde Maart uitgestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.