Oscar se huis het glo “slegte karma”

Oscar Pistorius Foto: SAPA

Eiendomsagente wil glo nie die Olimpiese atleet Oscar Pistorius se luukse huis in Silver Woods in Pretoria bemark nie, het die Sunday Times berig.

“Ek wil nie daardie huis bemark nie,” het Alberto Ochetta van Casa Nostra-eiendomme gesê. “Dit het slegte karma en sal ongelooflik moeilik wees om te verkoop.”

Pistorius het glo sy vriendin, Reeva Steenkamp, op Valentynsdag vanjaar in die huis doodgeskiet. Hy het haar glo vir ‘n inbreker aangesien.

Die koerant berig die huis sal vir R6 miljoen gelys word deur Engel & Völkers Silver Lakes.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.