Die selle by die Brooklyn-polisiestasie waar Oscar Pistorius al vir sewe dae lank aangehou word, het glo nie beddens nie.
Beeld berig Pistorius slaap op die vloer, vermoedelik op beddegoed wat sy familie verskaf het, en moet dit soms deel met ander mense wat daar aangehou word.
Brig. André Wiese, die stasiebevelvoerder, het gesê hy kan nie met sekerheid sê met hoeveel mense Pistorius ʼn sel deel nie, want daar is ʼn konstante vloei van aangehoudenes wat kom en gaan. Wiese het ook gesê hy kan nie inligting verskaf oor wat presies Pistorius eet nie, want die maaltye hang af van watter bestanddele beskikbaar is.
“Al wat ek kan sê is dat hy met dieselfde mate van menswaardigheid as enige ander gevangene behandel word, soos uiteengesit in die Grondwet,” het Wiese aan die koerant gesê.
Hy het ook bevestig dat elke gemeenskaplike sel slegs een stort en ʼn toilet in het.
– Sapa
Lees ook:
Dag drie in Oscar-borgtogaansoek
Nuuskommentaar: Oscar en koerantlesers – soos hond wat padda vang
Oscar-saak: Polisieman aangekla oor ‘dronk’-skietvoorval
Oscar se oom praat
Oscar-saak: Verdediging sê polisie het toneel besmet
Oscar: Pistorius stel hul kant van die saak
Oscar: Dag 2 in hof, polisie getuig
Oscar se weergawe
Nike, Oakley verbreek glo bande met Oscar
Oscar-borgsaak kry groot terugslag
Reeva ter ruste gelê
Oscar: Moord was nie beplan nie, sê verdediging
Oscar: Niks ondersteun inbraak-verweer nie, sê aanklaer
Oscar in hof, Reeva veras
Oscar se wedlope gekanselleer
Pistorius-familie: ‘Steenkamp se dood was ʼn ongeluk’
Bebloede kolf glo in Oscar se huis opgespoor
Reeva se nadoodse ondersoek afgehandel
Polisie glo bang Oscar pleeg selfmoord
Oscar: Media in moeilikheid oor foto
Reeva se gedenkdiens gereël
Oscar se gesin betwis moordklag
Oscar bly in aanhouding
Oscar het Reeva glo deur toe badkamerdeur geskiet
Pistorius vandag in hof
Oscar: M-Net onttrek advertensieveldtog
Oscar-skietery: Ooggetuies beweer paartjie het gestry
Oscar gaan aand in tronk spandeer
Oscar: Staat gaan borg teenstaan
“Oscar erg geskok,” sê pa
Oscar-skietery: Medelye stroom in vir meisie
Oscar Pistorius skiet glo meisie