Lees ook:
Waldemar Schultz se ode aan sy seun, Kieran
Waldemar Schultz se seun vandag ter ruste gelê
Bekendes treur saam Waldemar Schultz en Ira se seun se dood
Die akteur Waldemar Schultz, wat bekendheid verwerf het vir sy rol as Jan-Hendrik in die sepie 7de Laan, se seun is dood nadat hy Saterdag van ʼn uitkykpunt in Hermanus geval het.
Schultz was in Hermanus waar hy in verskeie verhoogproduksies by die Kalfiefees opgetree het. Albert Maritz, akteur en regisseur van die dramaproduksie Stander waarin Schultz die hoofrol vertolk, het aan Maroela Media gesê hy het vanmiddag ʼn produksie gekyk en is na die tyd van die tragiese gebeure in kennis gestel. Maritz sê Schultz en sy seun Kieran (14) was saam met vriende by die uitkykpunt by die bekende Oud Hawe in Hermanus om walvisse te kyk. Kieran het glo saam met ʼn vriend foto’s geneem toe hy gegly en van die krans in die water geval het. Kieran het kopbeserings opgedoen en is onmiddellik na ʼn hospitaal gehaas. Hy het sowat ʼn uur later aan sy beserings beswyk. Maritz sê Schultz se vrou, Ira Blanckenberg, was in Kroonstad ten tyde van die voorval en sou later na Hermanus vlieg. “Hulle is twee mense wat hulle oor die wêreld se kinders ontferm en hulle het ‘n onstuitbare liefde vir hulle eie kinders.” Die egpaar het ook ʼn dogter.
Werner Zybrands, voorsitter van die Kalfiefees, sê Schultz sou vanmiddag om 16:00 in Stander opgetree het. “Die vertoning is egter weens die tragiese gebeure gekanselleer. Ons wil namens die feeskomitee ons innige meegevoel met die familie betuig.” Kol. Andre Traut, woordvoerder van die polisie, sê die voorval het omstreeks 13:00 plaasgevind. ʼn Geregtelike doodsondersoek word gedoen.
Lees ook:
Waldemar Schultz se ode aan sy seun, Kieran
Waldemar Schultz se seun vandag ter ruste gelê
Bekendes treur saam Waldemar Schultz en Ira se seun se dood
My innige simpatiek teen oor die ouers en mag God hulle dra teen die verlies van hulle seun.
Aan die ouers, geen woorde in my gedagtes is sterk genoeg om my simpatie met julle hier neer te skryf nie. Die liewe Here alleen kan vertroos en julle dra. Ek laat julle met ‘Voetspore’ waar Jesus elkeen van ons dra.
Geen ouer wil voor sy kind se oop graf staan nie !
Sterkte vir die pad vorentoe, ook hiermee my innige simpatie aan die ouers, familie en vriende, skoolmaats.
My innige simpatie met die ouers en familie ons hou jul ins gebede.
Ag nee. Dit is hartseer. Jy is in my gedagtes Waldemar. Sterkte vir julle.
Dit is ‘n verskriklike tragedie en ons innige meegevoel met hierdie ouers, familie en naby vriende. Ons gebed is dat God julle sal versterk en krag sal gee om oor hierdie hekkie te kom.
My innige simpatie, dit is baie hartseer en n groot verlies, Mag God julle krag gee en vertroos in hierdie moeilike tyd.
Waldemar, mag God jou en jou vroutjie en familie baie styf hou en vertroos in die hartseer tyd. My innige simpatie aan jul verlies.
My innige sampatie. Voel vir julle!!!!!
Waldemar, so jammer om van julle groot verlies te hoor. Om ‘n kind te verloor is seker die grootste seer ooit. Mag God julle die krag en sterkte gee in hierdie moeilike tyd, asook vir die toekoms.
Aai tog,wat n verskriklike tragedie! God sal jul die krag gee om aan die ander kant uit te kom.Julle is in ons gedagtes en gebede.
Alle sterkte en ons dink en bid vir julle in hierdie donker oomblik
Sterkter
Baie sterkte met ales dink aan jule mag God daam jule wees deur die moeilike tyd en julle styf vas hou.. Sterkte
Innige meegevoel met die tragiese heengaan van u seun ons gebede is met u en die familie.
Ai wat se ‘n mens. Dit is seker die seerste seer wat ‘n ouer se hart kan kry. Wens ek was daar om elkeen nt ‘n ou drukkie te gee. Maar ek glo God hou jul styf vas en ek bid vir jul. Sterkte
Baie sterkte aan Waldi en familie mag die Here julle styf vas hou in die moelike tyd en vir julle krag en lyding gee. Ons bid vir julle.
My innigste en diepste meegevoel gaan aan die Schultz familie. Geen woorde kan jul verlies ligter maak. Sterkte in Jesusliefde. Rus in vrede Kieran.
So bitter jammer…
Ons bid vir jou en jou famielie
My innigste simpatie…dit is tragies…die Here sal jul vashou en vertroos…sterkte…
Sterkte aan julle almal.
Dis die grootste eina-pyn wat ‘n ouerpaar kan ervaar. Sterkte Waldemar, Ira, en die res van die familie, vriende en skoolmaats… Ek bid dat Jesus julle styf sal vashou en vertroos in hierdie donker tyd.
My inige meegevoel mag die Here julle styf vashou in hierdie tyd ons bid dat julle rustigheid sal vind in die hardseer tyd
Aai, my mensies, dit is so bitter hartseer!! woorde het ons nie om julle beter te laat voel nie, God sal julle dra, ek plaas julle voor Sy voete. Hemel Vader, gee aan hulle die krag om hierdie verlies te verwerk. Amen <3
Alle simpatie vir die familie en vriende,, dood is nie maklik vir ons wat agter bly nie, maar julle moet sterk wees. Ek dink aan julle en bid vir julle vir krag en leiding soos julle dit nodig het. Jammer vir julle hartseer. God bless
Dis verskriklik hartseer ons dink aan jule as familie xxx sterkte!!!
Ons dink aan julle hele familie en hou julle in ons gebede.
My enige sampatie met julle en die familie
Ek is so jammer om te hoor van jou seun u kan U my asb tontak asb ek sal U graag wil ontmoed U is my gunsteling 7de laan akteer baie dankie van mev Lezil Marais my NR is 0792346910
My gebed vir julle dat Onse Vader vir julle as gesin al die gemoedrus en vertroosting en berusting sal gee in die tyd van julle seer. Baie sterkte vir julle as ouers en vir die ander kinders en oupas en oumas. . Groete Jeanne
Sterkte aan julle as gesin . Mag julle verRtroosting vind.
Innige simpatie met jul seun se heengaan. Baie sterkte aan julle en jul familie en mag julle vertroosting vind by Hom…
My innigste simpatie dit is `n verskriklike hartseer ding om oor te kom. Mag die Vader julle styf styf in liefde omvou. Ons bid vir jul gesin.
Dis regtig tragies! Ons harte en gedagtes is met Waldi en familie in die droewige tyd. Sterkte!
Innige simpatie aan die hele gesin en familie. Mag God jul veilig in die holte van Sy Hande hou, en mag jul die troos vind wat net God jul kan gee. R.I.P groot seun.
Ons innige simpatie met jul groot verlies van jul seun. Mag die Here Jesus jul vertroos met die Balsem van Gilead aan jul wonde en harte. Koester die mooi en weet God is in beheer. Open.21:4 ” En God sal al die trane van hul oe afvee, en en daar sal geen dood meer wees nie; ook droefheid en geween en moeite sal daar nie meer wees nie, want die eerste dinge het verbygegaan.” Baie sterkte, ons tree vir julle in.
My hart gaan uit vir julle! Mag die Here julle versterk.
Net God kan s hartverskeurende pyn verstaan! Mens se lewe km werklik vir n wyle tot stilstand!weet net dat ande se gebede julle deur die tyd sal dra,God is regtg groot
Innige simpatie en sterkte met jul verlies
WERKLIK BAIE JAMMER OOR JUL GROOT
VERLIES! STERKTE!
s nie aardsgebonde nieBeste Waldi ek verstaan en weet hoe julle voel het ook my seun jonk aan ons Hemelse Vader toevertrou,dit is so ongelooflik en onverstaanbaar en hoekom my kind ek is dan so lief vir hulle ,die seer gaan nooit weg nie die verlange eers ondraaglik maar met tyd word dit wel beter en aanvaar mens dit op jou terme waneer jy werklik besef dat ons net tydelik van hulle geskei is en weer mekaar sal ontmoet en dan is dit vir ewig,Ons is nie aards gebonde nie,ons is hemelwesens ons is geskape om in die hemel te wees onthou ons is na GOD se beeld geskape en GOD is en was nog altyd n Heilige gees.ek dink aan julle en sal bid vir julle vir berusting maar die belangrikste is dat julle dit nie as vir ewig sal beleef nie maar wel net as n tydelike skeiding tot pa en seun in die heerlikheid van Jesus se teenwoordigheid weer sal ontmoet,sterkte en liefde aan julle
Ek weet woorde is leeg ek het self 4 kids ! daar is inks wat iemand kan se doen of gee om die Pyn wet te vat nie! Ek het toevallig vanoggend die rub riel Helene’s was self in Hermanus war ek in Voelklip vir 6 jaar lank gewoon het ! Nou in Bloemfontein ! Weet net my hart rou saam met jou ! Dankie
Ons innige meegevoel. Ons bid dat die Here julle as gesin styf teen Sy Vaderhart sal druk en dat julle daar vertroosting en aanvaardring sal vind.
My hart gaan uit na julle!! Innige simpatie…woorde kannie beskryf.. Baie sterkte. Groete
Geen woorde kan regtig troos bring in hierdie tyd nie maar dit bring die verse keeping dat jou vriende en die wat julle lief het hulle toevou in die log en ons arms om julle vou om julle te troos. Waldi, Ira en Dhania baie baie liefde en sterkte vir julle in hierdie tyd vorentoe !!
So verskriklik jammer om dit te hoor, so tragies. Baie baie sterkte vir julle.
O liewe Heer, mag U aan hierdie familie deur die pyn dra en met die tyd ook U berusting skenk. Ons bid vir julle as ouers en ook vir jul dogter en as jul nog ander kinders het.
Dit is baie hartseer en ons meegevoel gaan met di gesin.
Jammer om dit te hoor waldemar.ek kan myself ni indink hu jul mut voeli.ek sukkel steeds om oor my ma se dood te kom en dit was van siekte maar n kind…dis vreeslik..my innige simpatie met jo en jo gesin.
Dear Valdi
Thinking of you and your family in this tragic time! You are in my prayers! Sandra von Wielligh
Ons innige meegevoel,jul bly in ons gebede.
Kieran Schultz is een wonderluke seun eks vandag 15 jaar oud op die 11de Auogustus…. Ek wil net se ek dink baie aan julle en dat ek vir julle sal bid !! Deur di dik en din sal julle deur alles kom !! Ek dink sekere goed gebeer maar vir n rede … Alles doen gewoonlik … Ek het self probleeme in my lewe maar dit gaan my nie maak opge nie !!! Ek gaan aanhou probeer en ek dink ook net andermense moet bly wees vir wat hulle het … Baie liefte Emrie Venter van Jeffriesbaai
So jammer oor die dood van julle geliefde kind. Groot leemte wat nie maklik gevul word nie. Mag julle gou vrede vind in die hartseer tyd.
Ons opregte en innige simpatie. Ai Waldemar en Ira..wat sê ons in ‘n tyd soos dié behalwe….ons dink aan julle en bid vir julle
I’m really sorry we will miss him
Vir jou gaan ek beslis ook bid. Daar is nie regtig trooswoorde wat so goed troos soos die van ‘n ouer wat ook sy/haar kind verloor het nie. Dankie vir mensies soos jy, wat jou seer met ander kan deel. Mag ons Hemelse Vader julle elke dag bystaan.
11 Aug
Aan albei ouers, geen woorde klink sterk genoeg in my kop om hier neer te skryf om my simpatie uit te spreek nie. Die Here alleen kan vertroos en jul dra. Ek laat julle met ‘Voetspore’ waar Jesus elkeen van ons dra.
Aan die ouers, geen gedagte in my kop is sterk genoeg om hier my simpatie neer te skryf nie. Die Here alleen vertroos en dra julle. Ek laat julle met ‘Voetspore’ waar Jesus alleen elkeen van ons dra.
Liewe Waldemar en Ira
My hart gaan uit na julle!! Maak nie saak wat almal se of julle toe wens nie, niks sal verander nie, net iemand wat ‘n kind aan die dood afgestaan het, sal verstaan hoe dit voel!!! Glo my dit sal nie beter word nie, jy gaan net leer om daarmee saam te lewe…. Die pyn van verlange sal altyd daar wees! Party dae sal dit meer intens wees en ander dae sal dit meer draaglik wees. Die gewonder oor wat hy sou bereik het in sy lewe sal altyd daar wees, veral as julle sy vriende sien groot word, hulle sien trou en wonder hoe sy lewe sou uitgedraai het…..Ek het elke dag vir 3 jaar na sy dood oor hom gehuil, ek het my man en ander kinders van my weg gestoot, tot eendag tot my dogterjie toe 6 jaar vir my gese het, Mamma, Philip se jy moet op hou huil hy is moeg hy wil gaan rus!! Toe eers het ek besef ek moet ‘n berader gaan sien om my te help!, Wil net se, ek weet nie alles, het nie antwoorde vir alles maar gaan sien ‘n berader, nou het julle mekaar nodig, moet mekaar nie verwyt nie maar ondersteun mekaar, dit was julle altwee se kind, niemand het skuld aan sy dood, glo my ek het ook verwyt en ook gedink as ek dit of dat sou doen, dit anders sou gewees het, maar dit het nie so gebeur nie. As ek kon sou ek ook in ‘n oogv wink my lewe vir hom gegee het, maar die keuse was nie myne nie!!! Al wat ek vir julle kan doen is om te bid dat julle vertroos sal word en leer om daarmee saam te lewe en alles op die ou einde vir julle verstaanbaar sal word, want niemand weet hoekom hierdie toetse op ons pad gebring word nie,,,
Woorde wat kan troos bring bestaan nie. Heer omvou hulle net. Troos en vee hulle trane af. Die land huil saam met julle. Jul seer kan ons nie eens dink om te voel nie. Weet net dat baie aan julle dink in hierdie moeilike dae.
Jammer om te hoor, my innige simpatie. Mag God elke tree van die moeilike pad saam met julle stap. Sterkte
Ons gebede is saam met julle.Hou vas aan God in die tyd asb,Hy is die enigste een wat julle sal dra en vertroos.Ons dink aan julle en sterkte vorentoe,Amen
Ai tog daar is niks wat enige iemand vir julle kan se wat julle sal laat beter voel nie. Ek het ook my kind verloor 4jaar gelede en net deur God se genade kan ons aangaan. Dit voel vir my of n stukkie van my hart saam met hom gesterf het. Mens leer om daarmee saam te leef. Sterkte en baie belangrik!!praat oor hom en met mekaar
My innige simpatie met julle woorde troos ni regtig ni daarom kan ek net se ek le julle by Jesus se voete neer en vra dat Hy jul di vertroosting sal gee
My innige simpatie aan julle as gesin. Ons kan nie dink hoe gebroke julle nou voel nie. Weet net, jul seun is veilig en op ‘n veel beter plek.
Sterkte, bykans die hele Suid Afrika bid vir julle.
DAAR IS GEEN WOORDE WAT JUL SEER KAN BETER…….DAAR IS N DIEPE SERE GAT IN JUL HARTE….ONS DRA JUL IN GEBED OP AAN ONSE VADER..
STERKTE..
Woorde van die bekende Indiese digteres, Mira:
I know a cure for sadness:
Let your hands touch something that
makes your eyes smile.
I bet there is a hundred objects close by
that can do that.
Look at beauty’s gift to us –
her power is so great she enlivens
the earth, the sky, our soul
Ons harte breek vir julle. Mag Jesus julle toevou in Sy liefde.
Waldemar en Ira, my dogter Bernadine Kruger is 4jr gelede deur ‘n taxi v haar scooter afgestamp en doodgery in Pretoria oppad skool toe. DIS DIE SEERSTE SEER OOIT OM ‘N KIND TE VERLOOR!!! Baie liefde, sterkte vir julle. Enigste raad is huil, bid, huil, bid huil, bid…….en hou aan om oor julle kind te praat al raak ander mense na ‘n tyd al ongeduldig daaroor!!!!!
No words. Thinking of the family at this sad time! Baby steps going forward. I lost my son tragically 2 and a half years ago and understand and feel with the family.
Ons bid vir julle dat God julle sal vertroos. Hy was n pragtige seun.
Wil jul net laat weet dat julle en jul dogter heeltyd in my gedagtes is. Dis ‘n groot tragedie wat julle getref het, en woorde ontbreek. Ek is so jammer. My hart huil saam met julle.
Baie sterkte. My innige, innige simpatie.
My inige Simpatie,om ‘n kind te verloor verander jou hele wese,my jongste het ek 5jaar terug verloor,ek kry nog elke dag swaar.Woorde kan niks reg maak,maar baie sterkte.
Wat kan n mens se om daai pyn te genees? Niks op hierdie oomblik nie. Al wat ons vir julle kan doen is bid. En nogmaals bid. Daar is geen groter seer as om jou kind aan die dood af te staan nie. Sterkte. Ons dink aan julle as gesin en familie.
Al wat ek kan sê:
Die Here gee die Beste,
Die Here neem die Beste &
Die Here Weet die Beste!!!!
Ek dink aan jou & jou vrou & jul dogtertjie!
Geen een van ons kan weet hoe dit voel om ;n kind te verloor het, ek is so jammer oor julle verlies. Net die Here kan julle nou vertroos.